gestig
2 Desember 1882
afgestig van
Ring
Ring van Amajuba
adres
Voortrekkerstraat 49, Newcastle
eerste predikant
ds HE du Plessis
Die NG gemeente Newcastle is ‘n gemeente in die Sinode van KwaZulu-Natal.
Dit is interessant om te weet dat kort na die proklamering van Newcastle as dorp in 1864 die eerste Nederduitse Gereformeerde kerkgebou in 1869 in Lennoxton woongebied opgerig is. Die gemeente is egter op 2 Desember 1882 op ‘n gemeentevergadering te Ermelo, die kerkplaas op Biggarsberg, van die gemeente Ladysmith afgestig. Daar was aanvanklik twee hoofkerkplekke, te wete Newcastle en Ermelo, laasgenoemde ‘n kerkplaas digby Dundee en sedertdien ook deur Dundee, wat in 1917 afgestig het, vervang. Die kerk op Newcastle is in 1869 gebou, maar daar was nog geen pastorie nie.

Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op 15 Januarie 1883 en ds. G.A. Döhne was teenwoordig as konsulent.
Dogtergemeentes
- Newcastle-Suid: 1965
- Bergsig-Newcastle: 1973
- Die Parke-Newcastle: 1973
Predikante
- Hercules Enslin du Plessis, 1884 – 1886
- Former Sypkens, 1889 – 1897
- Daniël Ferdinand Bosman, 1897 – 1904
- Pieter Jacobus Conradie, 1905 – 1935
- Barend Jacobus van der Merwe, 1936 – 1947
- Willem Hendrik Boshoff Ebersohn, 1947 – 1952
- George Christoffel Wolhuter, 1953 – 1955
- Willem Marthinus Grové, 1962 – 1966
- Frans Lodewyk Cloete, 1967 – 1970