gestig
1895
sien
eerste predikant
Eerw PL le Roux
Die NG Gemeente Melsetter was ‘n gemeente in die Sinode van MIdde-Afrika.
Gedurende die tydperk 1892-1896 het Pioniers die gebied Melsetter ingetrek, wat die Gazalandtrekke genoem word. Hulle was Afrikaners wat aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk behoort het en was van die Vrystaat afkomstig. Die trekkergroepe het hulle oor drie distrikte versprei. nI. Middel. Noord en Suid-Melsetter.
Die eerste trekgeselskap. nl. die Moodie-Moolman-Edenburg-Mynhardt en Utrecht-trekke het hulle in die omgewing van Chipinga gevestig. Dit is die suidelike deel van Melsetter. Die Martintrek het hulle in die omgewing van Melsetter gevestig (Middel-Melsetter). Die Steyn-Henrytrek het weer noord in die omgewing van Tandaai hulle gaan vestig, terwyl die Kruger-Bekker-trek tot in die Portugese-gebied deurgedring het.
P.A. STRASHElM
Op 12 Oktober 1895, het ds. P.A. Strasheim, as afgevaardigde van die Koloniale Kerk, ‘n vergadering gebou op Dunbarton. Die vergadering word geopen met gebed, die sing van Gesang 93 en Psalm 42:1.6 word voorgelees. Daarna hou ds. Strasheim ‘n toespraak waarin hy wys op die doel van sy sending, nl. om die geloofsgenote van ons Kerk op te soek en hulle waar moontlik, tot ‘n gemeente te vergader en voorts te doen wat by kan om die geestelike heil van almal te bevorder. Die gemeente word met hierdie geleentheid gestig. Die broer M.J. Martin druk namens die inwoners van Melsetter sy dankbaarheid uit teen oor ds. Strasheim wat as afgevaardigde gekom het. Hy stel voor dat ‘n gemeente alhier van die Ned. Geref. Kerk opgerig sal word met die naam van Melsetter. Dit word gesekondeer deur br. C. van der Merwe en met al die stemme aan geneem.
Tot ouderlinge van die gemeente word benoem die broeders M J. Martin, Johannes Steyn en J. Moolman. Tot diakens van die gemeente word benoem die broeders W. Steyn (H.sn.), J.H. Heyns, E. du Plessis, J.G Raath en C. L. van der Merwe. Die vergadering besluit dat die broeders wat teenwoordig is die aand met die Voorbereidingsdiens bevestig sal word, terwyl die orige by die volgende Avondsmaal-geleentheid voorgestel sal word.
Die eerste Kerkraadsvergadering was op 14 Oktober 1895 gehou onder voorsitterskap van ds. Strasheim. Die bedrag van £37-10-0, word deur die gemeente gewaarborg as salaris van die toekomstige leraar. Ds. Strasheim word versoek om ‘n godvresende sendeling-onderwyser te soek teen die salaris van £150 per jaar met vry inwoning.
Aangesien die seisoen te ver gevorder was om met die bou van die kerk te begin, het die Kerkraad besluit om die werk tot na die reentyd uit te stel. Twee hutte word opgerig mm te dien as woonhuis en skoolkamer van die onderwyser wat in April 1896 verwag word.
‘n Maandelikse biduur sou gereeld gehou word. Ds. Strasheim het mnr. Martin as huweliksbevestiger by die regering aangestel en dit is kort daarna goedgekeur. As ‘n blyk van dankbaarheid het die gemeente die eerste kollektes aan die afgevaardigde leraar geskenk.
Gedurende die tyd vanaf die einde van 1895 tot die begin van 1896, het daar treurige toestande geheers in Melsetter-distrik. Kos was skaars en daar was siekte onder talle mense en diere. Baie jongmense het ook aan die koors gely. Mnr. Martin het berig dat ‘n beroep op ondersteuning gedoen is en dat teen die einde van Maart 1896, £73-10-0 gekollekteer is.
In ‘n brief van ds. Strasheim van 12 Maart 1896, maak hy melding dat hy daarin geslaag het om ‘n sendeling-onderwyser vir die gemeente te kry. Hy het twee jongmanne. Le Roux en Liebenberg, oorgehaal om vroeg in 1896 per boot saam met hom na Beira te reis. Vanaf Beira is hulle met ‘n roeibootjie na Fontesville en Chimoio. Le Roux sou na Melsetter kom, terwyl ds. Strasheim Liebenberg na Salisbury gestuur het.
Broer J.G.F. Steyn het aan die Kerkraad die som van £10 geleen asook sy donkie, om die koste te dek om die onderwyser op Chimoio te gaan haal.
EERWAARDE P. L. LE ROUX, Eerste sendeling en onderwyser in Rhodesië (1897-1905).
Die sendeling-onderwyser was nie georden nie. Daar was dadelik ‘n telegram na die Moderatuur gestuur om die rede te vermeld van die offisiële skrywe, van die scriba, broeder Martin, om te versoek dat Br. Le Roux volgens artikel 217 van die Kerkwet as sendeling georden kan word. Hy moes die werk as leraar in die gemeente doen totdat die Kerkraad ‘n leraar beroep het of ‘n konsulent van ‘n naburige gemeente die werk kan oorneem. Die antwoord het gedraal dat dit nie voor die vertrek van ds. Strasheim kon geskied nie.
Die registers en notuleboeke is aan mnr. Le Roux oorhandig en nadat ds. Strasheim ook ‘n bedrag van £50 vir die boufonds van die Moederkerk oorhandig het, het hy die gemeentewerk in die hande van mnr. Le Roux gelaat en na Umtali vertrek.
Later is berig ontvang dat die twee jongmanne georden kon word en reëlings is getref dat dit in Umtali kon geskied. Weens moeilike omstandighede en gerugte van oorloë, kon mnr. Le Roux nie gaan nie en mees hy ongeorden bly.
Mnr. Martin was as huweliksbevestiger aangestel en kon hy hierdie deel van die werk doen. Die Kerkraad het later nog ‘n poging aangewend om die ordening op Chimoio te laat plaasvind, maar weens misverstand met ds. Strasheim, en ‘n gebrek aan dra-volk, moes die saak weer oorstaan. Die rede waarom hy nie in die Suide georden kon word nie, was omdat ‘n sendeling eers twee jaar moes werk voor hy georden kon word. Ds. Strasheim het besef dat hy nie veel werk in die gemeente sou kon doen nie, want hy kon nie doop nie, nie Nagmaal bedien nie en ook nie huwelike bevestig nie.
Le Roux het hom egter toegelê op onderwys. Die kinders kon tot standerd 2 leer. Hy was voltyds onderwyser en het vyf dae in die week skoolgehou. Vir ander werksaamhede in die gemeente was daar nie veel tyd oor nie. Die gemeente was omtrent 130 myl lank en 40 myl breed en met riviere deurkruis.
Die Moderatuur het as tydelike tegemoetkoming, verlof verleen dat die Amerikaanse sendelinge van Mt. Silinda, die sakramente aan die gemeente moet bedien, ooreenkomstig die leer en Kerklike praktyk van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika. Die Kerkraad het besluit dat elke lid van die Kerkraad eers persoonlik met die lede van die gemeente daaroor te spreek. Baie mense het verkies dat dit nie sou geskied nie. Op ‘n gekombineerde Kerkraadsvergadering wat op Saterdag, 1 Januarie 1898 gehou is, is opdrag gegee aan Broer Le Roux, om ‘n brief te skrywe aan die Amerikaanse sendelinge, te Mt. Silinda, om geen kinders van die Ned. Geref. gemeente te Melsetter te doop nie, alvorens hulle verlof van die Kerkraad daartoe verkry het nie.
Gedurende die jaar 1897, het die inwoners van die gemeente Melsetter moeilike tye beleef. Daar was voedseltekorte en eerwaarde Le Roux moes al sy kragte inspan om te help organiseer. Die runderpes het ook baie beeste afgemaai. Een span osse moes gebruik word om sewe gesinne na die Kerk te vervoer. “Die kinderen hebben geen school, in rneer dan een huis gesin gaat het seer rnoeiliyk het ligchaam te dekken; rnen woont ver uit elkander en heeft te kampen rnet wolven, tijgers en leeuwen.”
Baie kinders is al twee jaar oud en is nog nie gedoop nie. Daar was baie jongmense wat wou trou maar die ouers wou nie toestemming gee nie, alvorens hulle aangeneem is nie, en daar was niemand wat dit kon doen nie. Die Kerkraad het ook aan die Moderatuur berig dat die omstandighede tot sonde aanleiding gee. ,,Die gevolgen is dat sommige leden naar andere kerkgenootschappen gaan ten einde kinderen te laaten doopen. En dat de gansche gemeente voor een jaar zonder nachtmaal geweest is, veroorzaakt losheid in de gemeente en slapheid in Godsdienst. Weet dat wij over eene lengte van 147 mijlen verstrooid sijn, weet de Moederkerk dat leden in Suid-Melsetter woonen die laaste aan de nachmaalstafel waren in de Transvaal of Vrystaat?”
Eerwaarde Le Roux het teruggegaan na die Kolonie om in die huwelik te tree en om georden te word en sou die einde van die jaar weer terug wees in die gemeente. Sy salaris was nie voldoende nie omdat die gemeente maar arm was. Die Kerkraad het na sy terugkoms gevra of hy nie permanent wou aanbly as leraar van die gemeente nie. Die salaris sou dan £200 wees en hulle sou hom van die verantwoordelikheid van onderwys gee onthef. Hy het die aanbod vir drie jaar aangeneem. Mej Gilson van die Amerikaanse sending het kort daarna aangebied om die skool oor te neem. Eerwaarde le Roux het nog Hollands in die skool doseer.
Die runderpes en bosluiskoors het feitlik al die ingevoerde beeste uitgeroei. Die inwoners het groot verliese gely. Selfs die koors het eerw. Le Roux nie verby gegaan nie. Kort na 1901 het by die kontrak met die gemeente hernu en is net daarna weens ongesteldheid na die Unie. Hy het gou herstel en kon in Julie 1901 op sy esel weer honderde myle met huisbesoek aflê.
Die gemeente het ook ‘n begin gemaak om ‘n eie kerkgebou te Melsetter op te rig. Op die steen van kerkgebou is later die datum 1897-1960 aangebring. Die Notules van Kerkraadsvergaderings gedurende die tydperk 1 Januarie 1898 tot 11 Julie 1903 het verlore geraak. Daar word gereken dat dit verbrand is toe die huis van S.J. du Preez van Randfontein afgebrand het. Hy was destyds skriba van die Kerkraad.
Rhodes het ook die distrik voor sy dood besoek. Hy het hulle aangemoedig om goeie beeskuddes op te bou. Hy het hulle ook beloof om sy bes te doen vir die oprigting van skole in Middel, Noord- en Suid-Melsetter.
In 1903 is Mnr. M.J. Marlin oorlede. Hy was ‘n steunpilaar van die gemeente en iemand wat ‘n leidende deel gehad het in die opbou van die distrik.
Die Kerkraad het nadat Eerw. Le Roux vyf jaar in die gemeente was, aansoek gedoen by die Moderatuur dat die status van predikant aan hom toegeken sou word.
Die rooiwaterkoors het die gemeente ook ernstig getref. ‘n Ryding was glad nie meer beskikbaar nie. Hier zag men een huisgezin aangestapt komen. De kinderen voor, vader en moeder in het midden en sijn draagkaffers daar achter. Daar sag men enige grootmoeders wier haren reeds verbleekt sijn die nu naar Gods altaren eenige uuren te paard hebben afgemaakt. Gindsche zijn er mannen die tussen dertig en sestig mijien ver zijn gekommen.”
Op ‘n Kerkraadsvergadering wat op 15 Oktober 1904 gehou was, was ds. G. N. Geldenhuys van Bulawayo teenwoordig en het as voorsitter opgetree. Ds. Geldenhuys was versoek om een en ander te vertel wat hy in Rhodesië gesien het. Hy vertel toe dat ons mense in kleine groepies, byna oor geheel Suidelike Rhodesië verstrooid was. Hulle was in groepe versamel en dit het gelyk soos skape wat sonder ‘n herder was.
Met ds. Geldenhuys se eerste besoek aan Melsetter het ‘n tier uit die boom, vlak by hom beland waar hy gerus het. Die pad was vir hom na Melsetter nooit te lank nie, en hy het altyd met ‘n wonderlike avontuurlus die gemeente besoek.
In 1904 het die Kerkraad uitvoering gegee aan die gedagte wat deur die leier van die Martin-trekgeselskap geuiter is, om die vyfjarige fees te hou by die klipstapeltjie, waar die trek Gazaland binnegekom het. Hulle het die plek Ebenhaeser genoem.
Eerwaarde Le Roux se vertrek uit die gemeente
Op ‘n Kerkraadsvergadering gebou op 31 Desember 1904, het Eerw. Le Roux aansoek gedoen vir ses maande verlof wat aan hom toegestaan. Hy is ook deur die Kerkraad versoek om die finansiële toestand met die Moderatuur te bespreek. Hy het ook met verlof gegaan omdat hy nie gesond was nie. Op doktersadvies was hy ook later genoodsaak om sy bedanking aan die gemeente te stuur. Hy het ook nie weer na sy werkkring teruggekeer nie. Eerw. Le Roux het op besondere wyse daarin geslaag om hom by die lot van die trekkers aan te pas. Hy het ook die skoolseuns leer tuinmaak. Dit was deel van sy opvoedingskema. Hy het ook ‘n bloeiende vrugteboord aangelê. Sy optrede was gekenmerk deur erns, ywer en vriendelikheid. Sy gees van opoffering het die agting van almal afgedwing. Eerw. Le Roux moes per voet reis na Umtali en Inyanga, amper honderd myl ver. Hy was vir tye lank weg van die buis en sy vrou het die pligte as pastoriemoeder getrou nagekom.
Bron: Nederduitse Gereformeerde Gemeente Melsetter – 75-jarige jubileumblad 1895 – 1970
Predikante
- Philippus Lodewicus le Roux, 1897 – 1904
- Jurie Johannes Wessels, 1906 – 1912
- Frans Hendrik Badenhorst, 1912 – 1919
- Andries Bernardus Wessels, 1920 – 1925
- Vakant, 1926 – 1927
- Carel Aron van Schalkwyk, 1927 – 1935
- A J Malherbe, 1936 (tydelik)
- Ockert Stefanus Albert Robertson, 1937 – 1945
- Abraham Matthys de Villiers Esterhuysen, 1947 – 1950
- Jacobus Andries Johannes Kriek, 1951 – 1959
- Jan Harms van Niekerk, 1959 – 1964
- Thomas Duncan Moodie, 1964 – 1967
- Vakant, 1968
- Johannes Philippus Schoeman, 1969 – 1973
- Daniel Haasbroek, 1975 –
- Wessel Jacobus Rossouw, 1982 –