gestig
6 Desember 1913
eers bekend as
NG Gemeente Vrederus
nou
Mellville Kruisgemeente
Ring
Ring van Johannesburg
Adres
Vierdelaan 51, Melville
Eerste predikant
Ds S.W. van Niekerk
Die NG gemeente Melville (deesdae algemeen bekend as Melville Kruisgemeente) is ‘n gemeente in die noordwestelike voorstad van Johannesburg met dieselfde naam.
Ontstaan
Beginjare
Met die afstigting van die eerste dogtergemeente as Vrededorp, is die moedergemeente se naam van Vrederus na Melville verander om verwarring te voorkom.
Kerkgeboue
Inlywing van Aucklandpark-deel
In 1994 het Aucklandpark, wat in 1958 van Melville afgestig het en met die koms van die Randse Afrikaanse Universiteit Johannesburg se studentegemeente geword het, en Johannesburg se kerkrade samesprekings gevoer om ‘n enkele gemeente te vestig, maar met twee bedieningspunte, naamlik Aucklandpark se kerkgebou by Richmondlaan 71 en dié van die moedergemeente by De Kortestraat 117, Braamfontein. Op Donderdag 1 Junie 1995 smelt die gemeentes saam. Op Sondag 1 Junie 1997 word Johannesburg-Oos (die Irenekerk) ook by Johannesburg ingelyf. Die gemeente se sentrum was die kerkkompleks van Aucklandpark, skaars ‘n kilometer van dié van Melville af, maar dienste is ook gehou in Braamfontein en die Doornfontein.
Die gemeente het met vier leraars gespog: ds. Johan Krige (studenteleraar in Aucklandpark sedert 8 Januarie 1982, later hoof- uitvoerende beampte van MES, ds. Christoph Müller (woongebiede) en di. Attie Botha en Piet Smith (middestadbediening). Die drieledige gemeente het toe gestrek van Ellispark in die ooste (waar weinig min tradisionele NG lidmate oorgebly het) tot anderkant die Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) in die weste.
Toe Melville en die Aucklandpark-deel begin dink aan samewerking (Melville se lidmaattal het in 1994 al tot 340 gedaal), is die Braamfontein/Irenekerk-gedeelte met sy multikulturele bediening uitgelaat. Die samestellende dele van die Johannesburg-gemeente skei omstreeks 2003 toe daar sprake was dat Aucklandpark die kerkgeboue by Richmondlaan 71 aan ‘n ontwikkelaar sou verkoop vir die oprigting van ‘n vulstasie. Daarvan het egter teen 2010 niks gekom nie, maar die Aucklandpark-kerkgrond is wel verkoop. Daardie deel van die gemeente, saam met die studente, is by Mellville ingelyf om die Mellville Kruisgemeente te vorm, wat aanbid in Mellville se kerk by Vierde Laan 51.
Hede
In die eerste paar jaar was Melville Kruisgemeente se lidmaattal bestendig op net oor die duisend lidmate (studente ingesluit). Ds. Ben Klut is sedert 1999 studenteleraar en sy eggenote ds. Elise Klut het in 2006 na Melville gekom. In die jongste jare het die belydende lidmate op sowat 500 te staan gekom en die dooplidmate op sowat 100.
Predikante
- Schalk Willem van Niekerk, 1921–1941
- Petrus Johannes Janse van Rensburg, 1939–1947
- Jan Stephanus Erlank, 1946 – 1960
- Coligny Nel, 1947–1958
- Daniël Francois Malan, 1960 – 1972
- Marthinus Theunis Steyn Fourie, 1966–1969
- Paulus Petrus Philippus le Roux, 1969–1978
- Johannes Bekker, 1980–1998
- George Jozua Hugo, 2001 –
- Gerrit Stefanus Louw, 2004 – 2006 (tuis vermoor).
- Helena Susanna Klut, 2007 – hede
- Barend Daniel Klut, 2006 – hede
- George Frederick du Toit, 2016 -2018