NG Gemeente Margate

gestig

29 Maart 1972

afgestig van

NG Gemeente Port Shepstone

Ring

Ring van Port Shepstone

Adres

Kerkstraat 1, Ramsgate

eerste presikant

Ds

Die NG Gemeente Margate is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.

Margate word op 29 Maart 1972 afgestig van Port Shepstone. Dadelik was daar ‘n groot behoefte aan ‘n eie kerkgebou, maar ook ‘n groot tekort aan die nodige fondse. ‘n Groot tragedie word deur die Here gebruik om die gemeente te seën. Callie Human, ‘n 16-jarige seun is oorlede in ‘n motorfietsongeluk en sy ouers besluit om die kerk op eie koste te bou ter herinnering aan hulle seun. Dit word in 1974 in gebruik geneem.