NG Gemeente Marandellas

NG Gemeente Marandellas

gestig

1 November 1951

Die NG Gemeente Marandellas was ‘n gemeente in die Sinode van Midde-Afrika.

Ingevolge magtiging daartoe by wyse van ‘n Kerkraadsbesluit van die Moedergemeente Salisbury van 26 Augustus 1950 vergader die Ringskommissie van die Ring van Bulawayo onder voorsitterskap van ds. A.B. Wessels op 1 November 1950 in die Feeshuis op Lekkerwater naby Theydon, Marandellas, saam met 55 belangstellendes uit die wyke Marandellas, Macheke en Mrewa en stig amptelik die nuwe gemeente af watas Marandellas bekend sal staan.

‘n Aanbeveling van ‘n kommissie van die moedergemeente se kerkraad i.v.m. die grense van die nuwe gemeente word aanvaar en die afbakening so duidelik beskrywe dat sedertdien slegs een wysiging daarvan nodig was en dit slegs omdat een grensplaas so verdeel en vernoem is dat ‘n nuwe omskrywing daar nodig geword het.

Die eerste kerkraad van Marandellas, tw. OudIl. S.W.P. de Waal, J.D. Cilliers, A.S. Naude, J.K. v.d. Merwe, M.J.B. Brits en J.J. Steynberg met diakens C.A. Kiopper, H.J. Bekker, T. le Roux du Toit, P.J. Erasmus Jun., W.J.S. Davel, G.W.J. Kloppers en S.J. Jacobsz word met die eerste Voorbereidingsdiens, 25 November 1950 in die Feeshuis bevestig en vergader daarna om ‘n leraar te beroep.

Nadat wyke omlyn en aan administratiewe sake soos die vasstelling van ‘n salarisskaal vir die Leraar, pensioenfonds, pastorie en ander kerklike aangeleenthede aandag geskenk is, word ds. H.C. de Wet, medeleraar van Salisbury, beroep. Hy word op 17 Maart 1951 in die Feeshuis bevestig waar, tewens, alle dienste voorlopig gehou word terwyl kerkraadsvergaderings aan huise van Oudl. M.J. B. Brits op Skanskop gehou word.

Op 27 Oktober 1951 word besluit om ‘n Kerksaal op Marandellas te bou sodra die reëntyd verby is en ‘n boukommissie word aangewys in die persone van brs. M.J. Brits, P.C. Bell, G.W. Kioppers en S.W.P. de Waal. Hierdie saal dien nog as die sentrale kerk van die gemeente terwyl uitgesien word na die dag wat ‘n volwaardige kerk gebou sal word.

In Julie 1952 bied br. P.J. van ZijI 5 akker grond op Macheke aa vir die bou van ‘n kerksaal vir daardie wyk maar daar ander genootskappe reeds ver gevorder het met voorlopige reëlings vir die bou van ‘n volwaardige kerkie op Macheke en ons toe uitgenooi het om saam te werk, is die aanbod van br. van Ziji nie aanvaar nie. Daar word saamgewerk met die ander kerkgenootskappe in die bou van die mooi en dienlike kerk wat vandag nog in gebruik is om die beurt deur die verskillende groepe.

Omdat die eerste pastorie ongerieflik was, is op 24 Oktober 1955 besluit oor die bou van die huidige pastorie by die kerksaal waar D.V. mettertyd ook die voorgenome kerk gebou sal word.

Terwyl lidmate van Selousnekwyk byna 100 myl moet ry na die sentrale saal, is besluit oor die bou van ‘n kerksaal op Selousnek waar br. J.K. v.d. Merwe ‘n stuk grond geskenk het. Die saal is op 4 November 1962 ingewy en sedertdien word daar maandeliks ‘n diens gehou asook Nagmaal bedien een maal per kwartaal.

Met die wisseling van die jare het ook die Leraars gekom en gegaan. So het ds. de Wet op 4 Julie 1959 na Redelinghuys vertrek om op 5 Februarie 1960 deur ds. J.T.H. de Jager opgevolg te word totdat hy op sy beurt vertrek het na Salisbury waar by Saakgelastigde van die Sinode van Midde-Afrika is. Ds. J.H. Lourens, aan wie Zambië ‘n toegangspermit geweier het, het daarna vir byna ‘n jaar op ‘n tydelike basis die gemeente bearbei gedurende die jaarlange vakature. In Januarie 1968 is die huidige Leraar, ds. Louis Haarhoe, voorheen van Taaibosspruit, hier bevestig.

In weerwil van die moeilike tye het die gemeente van die begin af toegesien dat die geriewe daargestel word vir die bediening van die Woord. Daar is nie net hartelik saamgewerk met die daarstel daarvan nie maar ook i.v.m. Bothashof, Excelsior, A.K.U.R., die R.C.V.V. en ons eie Sinode van Midde-Afrika, terwyl hulp aan gemeentes in die noordelike buurstate dikwels verskaf is.

Marandellas se jaarlikse kerkbasaar is landswyd bekend en het tot veel meer as ‘n plaaslike aangeleentheid ontwikkel. Toe die vorige leraar, ds. Theo de Jager in 1960 daar die herderstaf opgeneem het, is sewe beeste vir die basaar geslag en dit het gegroei tot 38 toe hy ses jaar later vertrek het. Dit was behalwe die slagskape, varke en pluimvee en die gewone verskeidenheid ander afdelings.

Hierdie reeds groot getal geslagte beeste het gestadiglik aangegroei teen ‘n konstante tempo sodat tydens die jongste basaar 71 beeste, 43 skape en 28 varke geslag is. Behalwe hierdie slagvee is ook in ‘n wyksbasaar nI. Selousnek, vanjaar sewe beeste geslag wat die totaal vir een jaar vir die gemeente op 78 beeste te staan gebring het. Hierdie basaars is al deur verskeie hoogwaardigheidsbekleërs geopen, waaronder die Eerste Minister Ian Smith en ander ministers.

Gedagtig aan die groot seën wat van Bo ontvang is, gaan die gemeente met vertroue voort; Sy Naam ter eer.

Bron: Ned.Geref. Kerk Midde-Afrika 75: 1895 – 1970