NG Gemeente Maltahöhe

NG Gemeente Maltahöhe

gestig

1946

afgestig van

NG Gemeente Mariental

Ring

Suidelike Ring

adres

Hoofstraat 31, Maltahöhe

eerste predikant

Ds H.R. Cilliers

Die NG Gemeente Maltahöhe is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.

Die gemeente is op 26 Oktober 1946 afgestig van die moedergemeente van al die gemeentes in Suidwes-Afrika, Gibeon. As lede van die Ringskommissie van Gibeon, waaronder die nuwe gemeente sou ressorteer, was by die stigting teenwoordig di. S.H. van der Spuy, J.R. Holzapfel en J.T, Potgieter. Met sy stigting het Maltahöhe, buiten die hele distrik met dieselfde naam wat meer as 30 000 km² beslaan het, ook ‘n deel van Rehoboth ingesluit. Ondanks die groot oppervlak was die lidmaattal maar 260.

So dankbaar was die lidmate dat hul eie gemeente gestig kon word, dat hulle op die stigtingsdag £840 as besondere dankoffer gestort het. Nadat sewe beroepe onsuksesvol uitgebring is, het ds. H.R. Cilliers van Tierberg, late Parow-Oos, nadat hy vir die tweede maal beroep is, hom die beroep laat welgeval. Hy is op 31 Januarie 1948 as eerste leraar bevestig en het die volgende dag na aanleiding van Hand. 10:7 sy intreepreek gelewer: “Kyk, ek kom – om u wil, o God, te doen.”

Die kerkgebou van die NG Gemeente Maltahöhe, omstreeks 1970 deur John Conroy afgeneem.

Die gemeente het, voor die kerkgebou opgerig is, ‘n kerksaal op die dorp besit, waarvan die hoeksteen op 24 Augustus deur eerw. Leonard gelê is, terwyl nog twee kerksale in die distrik gebou is. ‘n Doeltreffende pastorie is op 6 Julie 1950 ingewy. Teen 1950 het die lidmate tot 330 toegeneem (geskryf deur Morne van Rooyen).

Predikante