gestig
3 November 1937
ring
Ring van Clanwilliam
adres
H/v Stasieweg en Kerkstraat, Lutzvile
eerste predikant
Ds
Die NG Gemeente Lutzville is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Lutzville is in 1937 as die 200ste gemeente van die indertydse Kaapse Kerk gestig as ‘n gedeelte van die gemeente Olifantsrivier. Met die stigting van die gemeente was daar geen dorp nie, alhoewel die huise van die besproeiingskema plek-plek so na aan mekaar geleë was dat dit die indruk van dorpies geskep het. Op 17 Januarie 1939 is ‘n besluit deur die Kaapse Dorpsraad geneem om ‘n dorp aan te lê. Die eerste erwe is op 17 Januarie 1946 verkoop en op die terrein waar geen huise gestaan het nie, het die geboue stadig begin verrys.
Predikante
- I S W Lambrechts