gestig
25 Mei 1925
ring
Ring van Vryheid
Adres
Kerkstraat 614, Louwsburg
Eerste predikant
Ds DJ Retief
Die NG Gemeente Louwsburg is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.
Voor gemeentestigting in 1929 het Louwsburg deel uitgemaak van Vryheid, waarheen daar met ossewaens na die nagmaaltye opgetrek is. Ds. DJ Retief was die eerste leraar. In 1928 is ‘n Kerkboukommissie deur die 40 gemeentelede aangewys. In die moeilike depressiejare het dit ‘n rukkie geneem voordat die kerkgebou in 1937 (sonder enige skuld) ingewy kon word.
Nog twaalf leraars het deur die jare die gemeente bedien, totdat die laaste leraar in 2001 vertrek het.