NG Gemeente Ligbaken

Gestig

1 Junie 2022

 

Die drie dele waaruit die NG Gemeente Ligbaken ontstaan het, is die gemeentes Deo Gloria Gemeenskapskerk, Mondeor en Townsview.
Die NG Gemeente Ligbaken is die gevolg van veranderinge in die lidmaattalle van gemeentes aan die Rand. Die gemeente bestaan dus histories en indirek uit altesaam elf gemeentes. 
Deo Gloria-deel
• Turffontein (1906) → saamgesmelt as Deo Gloria (1994)
• Johannesburg-Suid (1950) → saamgesmelt as Deo Gloria
• Kroonrand (1961) → ingelyf by Deo Gloria
Townsview-deel
• Rosettenville (1938) → ingelyf by Klipriviersberg 
• Suid-Rand → ingelyf by Klipriviersberg
• Klipriviersberg (1947) → ingelyf by Townsview
Mondeor-deel
• Doornkop → ingelyf by Mondeor
• Lougherin → ingelyf by Mondeor
Die gewese Townsview-kerkgebou is gebruik terwyl die gewese Mondeor-kerkgebou opgeknap is. Daarna sou die Mondeor-kerkgebou vir gemeenteaktiwiteite gebruik word.