NG Gemeente Klipriviersberg

NG Gemeente Klipriviersberg (Foto: Morne van Rooyen)

gestig

26 Augustus 1947

afgestig van

NG Gemeente Rosettenville

waarby ingelyf is

NG Gemeente Rosettenville en

NG Gemeente Suid-Rand

ingelyf by

2018

NG Gemeente Townsview

Adres

Karinaplek, South Hills

Eerste predikant

Ds F J Minnaar

Die NG Gemeente Klipriviesberg was ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.

Stigting

Die gemeente Klipriviersberg is op Dinsdagaand 26 Augustus 1947 gestig (dieselfde dag waarop Forest Hill van Turffontein afgestig het) met ‘n sieletal van 1 391 en 754 lidmate. Die stigtingsvergadering is gehou in die Peoples’ Mission Hall in Bobstraat, Regents Park. Die gemeente is afgestig van die moedergemeente Rosettenville, waar ds. J.P. Roux destyds as herder en leraar gestaan het; laasgenoemde is dan ook tot konsulent van die afgestigte dogtergemeente benoem. Die gemeente se naam is ontleen aan die plaas Klipriviersberg van veldkornet Jan Meyer, waarop tussen 1904 en 1956 minstens 10 voorstede aangelê is, onder meer Regents Park, en Rewlatch, waarin die gemeente se kerksaal gebou is.

Die eerste kerkraadsvergadering van die nuutgestigte gemeente is op 1 September 1947 gehou. Op ‘n gekombineerde kerkraadsvergadering wat op 22 September 1947 gehou is, is dr. F.J. Minnaar van die gemeente Jeppestown tot herder en leraar van die gemeente beroep. Hy het hom die beroep laat welgeval en is gedurende die naweek van 19 tot 21 Maart 1948 as die eerste herder en leraar van die gemeente Klipriviersberg ontvang en bevestig. Dr. Minnaar het ‘n beproefde tyd in die gemeente deurgemaak, want die gemeente was geografies feitlik twee gemeentes, nl. Regents Park en Suid-Heuwels. En aangesien die gemeente ook nie ‘n kerksaal van sy eie gehad het nie, moes daartoe oorgegaan word om in die oggend in Suid-Heuwels in ‘n skoolklaskamer en in die aand te Regents Park in die Peoples’ Mission Hall dienste te hou.

Beginjare

Die eerste belangrike mylpaal is bereik toe op Saterdag 7 Februarie 1949 die nuwe pastorie, wat gedurende dr. Minnaar se tyd gebou is, in besit geneem is. ‘n Tweede belangrike gebeurtenis wat die jong gemeente te beurt geval het, was dat sy moeder van ‘n dogter geword het toe sy nog maar self iets oor die drie jaar oud was. Op die aand van 8 November 1950 het die afstigting van ‘n nuwe gemeente, naamlik Suid-Rand, plaasgevind.

Intussen het dr. Minnaar ‘n beroep na Naauwpoort aangeneem. Op ‘n gekombineerde kerkraadsvergadering wat op 11 Desember 1950 gehou is, is prop. S.P. du Plessis tot herder en leraar beroep. Hy het die beroep aangeneem en is op 23 Februarie 1951 in die gemeente bevestig. Hy het in September 1953 na die NG gemeente Germiston vertrek.

Met die afstigting het die gemeente kleiner geword, maar kort daarna van Rosettenville die Heuwel bygekry, sodat die lidmaattal in 1952 sowat 500 getel het. In daardie jaar was die gemeente besig met voorbereidings op die bou van ’n kerksaal.

Predikante