NG Gemeente Kanoneiland

NG Gemeente Kanoneiland

gestig

1942

ring

Ring van Kenhardt

Adres

Hoofstraat, Kanoneiland

Eerste predikant

Ds AZA van Jaarsveld

Die NG Gemeente Kanoneiland is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland

Vir die grootste deel van sy ontsaglike lengte het die Oranjerivier ‘n diep kanaal deur die grond gesny met hoe, regop, steil walle aan beide kante. Maar in die streek tussen Boegoeberg en die Augrabies-waterval “maak die vlaktes oop en hier is feitlik al die ryk spoelgrond gekonsentreer, na aan die rivier en op ‘n hoogte wat dit redelik maklik tot
besproeiing leen”. Hierdie streek word as “die hartaar van die Noordweste bestempel”. Inderdaad het die lewegewende water oorsprong gegee aan ‘n reeks besproeiingsnedersettings vanaf Boegoeberg tot kort by Augrabies. By die nedersettings wat reeds vermeld is moet ook die naam van Kanoneiland vermeld word. Hierdie eiland wat nagenoeg 18 kilometer lank en op plekke byna 5 kilometer breed is beslaan ‘n oppervlakte van sowat 3000 morge waarvan goed tweederdes ryk besproeibare grond is. Die eiland verdeel die Oranierivier in twee hoofstrome. Die suidelike stroom is sowat 182 meter en die noordelike goed 450 meter breed. Verskeie kleinerige spruite verdeel by tye die hele gebied in ‘n paar eilande, maar wanneer die rivier min water het, is die meeste van hierdie spruite droog, sodat die groep eilande een geheel vorm. Die naam Kanoneiland is aan die Koranna-oorloe ontleen.

In 1928 het ‘n dertigtal families uit Rooikopeiland, geleë naby Keimoes, na Kanoneiland verhuis om ‘n bestaan te maak. Dit was die begin van ‘n later bloeiende gemeenskap. In 1929 reeds is besluit dat Kanoneiland kerklik onder Keimoes sou ressorteer. Verskeie persone is in die beginjare vir die geestelike bearbeiding verantwoordelik, voordat ‘n selfstandige gemeente in 1942 gestig word.

Predikante

  • Adriaan Zacharias Albertus van Jaarsveld, 1943 – 1946