NG Gemeente Kalahari

NG Gemeente Kalahari

gestig

1984

AFGESTIG VAN

NG Gemeente Deben

RING

Ring van Deben

ADRES

Kerkstraat 1, Hotazel

SLUIT IN

Black Rock en Hotazel

EERSTE PREDIKANT

Ds. EZ Anthonissen

Die NG Gemeente Kalahari is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

Beginjare

Sedert ontdekking van mangaan in die 1940’s is die gebied bedien vanuit die gemeente Deben. Meer ertsliggame word blootgelê en sedert die laat 1950’s ontstaan twee gemeenskappe, te wete Black Rock en Hotazel.

In 1976 word ‘n kerkgebou op Hotazel gebou. Waarskynlik een van die enkele (dalk enigste?) gemeentes waarvan die kerkgebou ouer as die gemeente is. Let wel nie ’n saal nie, maar wel ’n kerkgebou!

In 1983 kry die genoemde deel van Deben, te wete Hotazel en Black Rock, ’n leraar, nl. ds. EZ Anthonissen, wat op Hotazel gesetel is. In 1984 stig die noordelike deel af  van Deben en word volwaardige die gemeente Kalahari. Ds. EZ Anthonissen word beroep en bevestig as eerste leraar.

Intussen is ’n saal gebou, ’n nuwe administratiewe kompleks en tans is kategeselokale in aanbou.

Predikante:

  • E Z Anthonissen, 1984 –