Gestig
11 Junie 2014
Afgestig van
Constantia
Ring
Wynberg
Adres
H.v. Oxford- en Albertweg, Houtbaai
Sluit in
Houtbaai en omgewing
Eerste predikant
Gerhard Pietersen (2014-2016)
Die NG gemeente Houtbaai (ook bekend as Houtbaai Gemeente) is ’n gemeente in die Kaapse kusvoorstad Houtbaai.
Die gemeente het op 11 Junie 2014 van die moedergemeente Constantia afgestig, wat op sy beurt op 9 Oktober 1968 van die NG Gemeente Zwaanswyk afgestig het. Zwaanswyk is ’n dogtergemeente van die NG Gemeente Wynberg, die 20ste oudste gemeente in die NG Kerk. Houtbaai is dus ’n agteragterkleindogter van die NG Gemeente Kaapstad.
Ds. Vernon Louw is in 2007 aangestel as medeleraar van Constantia om Houtbaai te bedien. Hy is in 2010 opgevolg deur ds. Gerhard Pietersen wat in 2014 Houtbaai se eerste leraar geword het. Sy opvolger was Cornel Viljoen. (Geskryf deur Morne van Rooyen)
Predikante
- Gerhardus Marthinus Pietersen, 2014 – 2017
- Conelius Michiel (Cornel) Viljoen, 2017 – hede