NG Gemeente Hluhluwe

NG Gemeente Hluhluwe (Foto: Louisa Wolmarans)

gestig

15 April 1973

afgestig van

NG Gemeente Mtubatuba

Ring

Ring van

Adres

St Luciastraat, Hluhluwe

Eerste predikant

Ds BJ van Rensburg

Die NG Gemeente Hluhluwe is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.

Hluhluwe is in 1973 afgestig van Mtubatuba. Die noordelike grens loop tot op die Ubomboberge en die oosgrens is die Indiese Oseaan. Dis ‘n uitgestrekte gebied met min lidmate, wat wyke soos Mkuze en Jozini insluit. Ds. B J van Rensburg was die eerste leraar. Gelukkig het die gemeente met stigting reeds ‘n kerkgebou gehad, wat deur ‘n lidmaat, wyle oom Frikkie Meyer gebou is en in 1965 in gebruik geneem is.