NG Gemeente Hartswater

NG Gemeente Hartswater

GESTIG

8 Mei 1946

AFGESTIG VAN

NG Gemeente Jan Kempdorp

RING

Ring van Warrenton

ADRES

H/v Strydom- en Jan Viljoenstraat, Hartswater

SLUIT IN

Hartswater en Magogong

EERSTE PREDIKANT

Ds. JS Grovè

Die NG Gemeente Hartswater is ‘n gemeente in die Sinode van Noord-Kaapland.

Beginjare

Die gemeente het op 8 Mei 1946 van die Ned Geref Gemeente Jan Kempdorp afgestig. Ds. JS Grovè van Vaalhartsgemeente is beroep. Hartswater het op dié stadium nog nie die status van ’n gemeente gehad nie. Toe die kerkraad dus besluit dat ’n kerksaal gebou moet word, is besluit dat dit op een van die persele gebou moet word, nl. perseel 6G8. Die huis op die perseel het gedien as pastorie. Ds. Grovè moes ’n groot gebied bedien – dit het die gebiede Hartswater, Magogong, met buiteposte Norlim, Pudimoe en Taung ingesluit.

Omdat die betrokke staatsdepartement nie die perseelhuis vir ’n onbepaalde tyd as pastorie kon verhuur nie, is die twee erwe waarop die huidige kerkgebou en die kleuterskool gehuisves is, aangekoop en is ’n pastorie vir die bedrag van R12,000 opgerig.

Vir ’n hele aantal jare is die Ebenhaezer saal (perseel 6G8) as kerksaal gebruik. Die beligting in die saal was nie baie goed nie. Destyds was daar nog nie Eskom krag op die skema nie en moes paraffienlampe vir beligting sorg. Die kerkraad het besluit dat dit nie gewens is nie en daarom is op die eerste Sondagaand van elke maand ’n aanddiens op Hartswater in die stadsaal gehou.

Die kekrgebou van die NG Gemeente Hartswater, omstreeks 1970 deur John Conroy afgeneem.

Die lidmaattal het al meer geword met die gevolg dat met sommige dienste in die Ebenhaezer saal beswaarlik plek vir almal was. Gedurende April 1957 is begin met die bou van die kerk. Die kerkgebou is op die naweek van 18-20 April 1958 ingewy. Die kerkgebou het ±R80,000 gekos.

Ds. JG du Plessis word in 1958 as tweede leraar van Hartswater bevestig. Aangesien die lidmaattal toegeneem het van 768 to 1,120 word ’n medeleraar beroep. Ds. HP Malan is in 1961 beroep. Die huis van mnr. Gert Lubbe in Schoemanstraat is as tweede pastorie aangekoop.

 

Predikante:

J S Grove 1946 –

J G du Plessis 1958 –

H P Malan 1961 –

Bron

Die Leivoor – gedenkuitgawe 50 – Ned. Geref. Gemeente Hartswater