NG Gemeente Gatooma

NG Gemeente Gatooma

gestig

15 Mei 1943

Die NG Gemeente Gatooma is ‘n gemeente in die Sinode van Midde-Afrika.

In 1906 het ene Godwin ‘n geleentheid daarin gesien om hier langs die treinspoor 85 myl Suid van Salisbury ‘n sake-onderneming te begin en hieruit het die huidige dorp van Gatooma, vernoem na ‘n plaaslike opperhoof Katumna, gegroei.

In die aanvangsjare was verskeie goudmyne die aantrekkingskrag en Afrikanergesinne het hulle intrek geneem. Met die verloop van jare is die potensiaal van die landbou besef en het dit daartoe gelei dat verskeie gesinne plase hier aangekoop het.

Aanvanklik is die lidmate alhier deur die verskillende leraars van Salisbury-gemeente besoek en bearbei aangesien Gatooma onder die gemeente van Salisbury geressorteer het. Waar daar in die verskillende huise vergader is, het die verlange na ‘n eie kerkgeboutjie sterk gegroei.

Die eerste kommissie wat benoem is om handelend op te tree insake ‘n kerkgeboutjie te Gatooma, is op 10 Julie 1915 uit die Kerkraad van Salisbury gekies. Daar is egter besluit dat geen skuld aangegaan sou word nie, en dat nie meer as die helfte van die geld uit die Suide gekollekteer mag word nie. Omstandighede in Salisbury sowel as in Gatooma het die saak egter nie in die hand gewerk nie en alle planne moes voorlopig gestaak word totdat die skuld in die moedergemeente gedelg was. Intussen het die 25 families van Gatooma bymekaargekom, ‘n basaar gereël en ‘n neseier van $100 vir die kerkgebou is opsy gesit.

In 1918 is die kerkbou weer bespreek en toe is besluit om definitief daartoe oor te gaan. Daar het egter moeilikhede in die gemeente ontstaan oor die presiese erf waar die Saal, wat as kerk sou dien, opgerig moes word. Ene mnr. Visser het ‘n erf aangebied maar daar is gevoel dat die Munisipaliteit se aanbod van ‘n stuk grond aanvaar moes word omdat die grond meer sentraal geleë was. Nadat al met die stene begin is, het die munisipaliteit beslis dat die oond natgegooi moes word omdat hulle nie die nodige verlof gehad am daar stene te brand nie. Die lidmate was so ontevrede oor hierdie onbillike optrede aan die kant van die munisipaliteit dat hulle heeltemal ‘n ander erf aangekoop het, die plek waar die saaltjie vandag nog staan. Nadat $360 van die Kerkraad gevra is, kan in 1923 gerapporteer word dat die saal voltooi is en dat die boukommissie goeie werk gedoen het.

Die feit egter dat Gwelo in 1920 afgestig is het dit onwenslik gemaak om nog ‘n gemeente van Salisbury af te stig en daarom moes die gedagte van ‘n eie gemeente voorlopig laat vaar word. Met die besoek van die argitek, mnr. Moerdyk aan Salisbury met die oog op die planne vir ‘n kerk aldaar, het die Gatooma-lidmate hom ook dadelik genader, en hy het vir hulle die plan vir ‘n kerkie gratis opgetrek.

In 1930 is besluit om 3 akker grond aan te koop en met die gebou te begin. Die hoeksteen van die kerk is op 4 Julie 1936 deur ds. H. J. C. Snyders van Salisbury gelê en op 10 Oktober 1936 is die sierlike kerkgebou ingewy. Dr. H. C. de Wet wat vir ds. Snyders te Salisbury opgevolg het, het hom beywer am alle skuld uit te wis. Toe is ook aan Gatooma toestemming gegee am af te stig en boonop die salaris van die predikant vir die eerste jaar gewaarborg.

In 1941 het die Ring geoordeel dat Gatooma finansieel sterk genoeg was en het aan die Ringskommissie opdrag gegee am oor te gaan tot afstigting van Gatooma as ‘n selfstandige en selfonderhoudende gemeente.

Onder die moeilike oorlogsomstandighede wou Gatoorna nie afstig nie, dog die Ringsbesluit het vas gestaan. Eindelik is daar op Saterdag 15 Mei 1943 oorgegaan tot die afstigting van Gatooma-gemeente van Salisbury- en Gwelo-gemeentes. Salisbury het aan die jong gemeente al die kerkeiendomme op Gatooma wat o.m. die stewige en netjiese kerk gebou en ‘n saal ingesluit het, sowel as ‘n kontantbedrag as bruidskat gegee terwyl Gwelo $200 aan Gatooma afgestaan het as neseier vir die boufonds van ‘n saal te Que Que, die wyk wat van Gwelo afgesny en by die nuwe gemeente gevoeg is.

Die eerste kerkraad het bestaan uit J.P. Erasmus (Que Que), G.J.J. de Lange, H.C. Steyn (Gatooma) en D.J. van der Merwe (Hartley) as ouderlinge en as diakens J.P.H. Steyn, H.J.P. Meyer, P. Botha en N.J. Cremer.

Gedurende die laaste kwartaal van 1944 het die gemeente sy eerste eie leraar ontvang in die persoon van ds. W.W. Esterhuysen wat vir meer as 5 jaar geseënde werk in die gemeente gedoen het. In 1950 het ds. W.P. de Vos sy plek geneem en gedurende sy bediening is die kerksaal te Que Que voltooi en in gebruik geneem.

Aan die begin van 1951 het proponent J.A.J. Kriek as hulpleraar van Gatooma met standplaas Que-Que aldaar kostelike werk gedoen, maar ongelukkig was sy verblyf van korte duur. Toe ds. de Vos in 1952 ‘n beroep aanneem na die Suide, beroep die gemeente ds. Johannes Strohmenger Berry wat in 1957 opgevolg word deur ds. L.F. van Niekerk. Laasgenoemde het diep spore getrap in die gemeente gedurende sy verblyf van 4 jaar. Gedurende hierdie 4 jaar is ‘n nuwe doelmatige kerksaal te Gatooma ingewy. Nadat ds. van Niekerk na Salisbury vertrek het is ds. W.J. Wessels in 1962 as herder en leraar van die gemeente ontvang. ‘n Gerieflike moderne pastorie is in sy tyd langs die nuwe saal gebou. Hier het ds. en mevr. Griebenow op 8 Oktober 1966 hulle intrek geneem nadat die gemeente vir by 13 maande vakant was.

Met die jare het die gemeente so uitgebrei dat die Ring van Bulawayo aan die gemeente opdrag gegee het om die moontlikheid van ‘n rnedeleraarspos te ondersoek. Die ondersoek het daartoe gelei dat die Kerkraad op 6 Desember 1968 daartoe oorgegaan het om ‘n medeleraar met standplaas Que-Que te beroep. Proponent H.B. van Zyl is beroep en op Saterdag 1 Februarie 1969 is hulle gesellig in die gemeente ontvang. Ds. en mevr. van Zyl kon reeds hulle intrek neem in die gerieflike pastorie wat intussen op Que-Que voltooi is.

Die twee leraars is verantwoordelik vir ongeveer 800 lidmate wat woon in ‘n gebied wat 130 myl van Noord tot Suid strek en feitlik net so groot is van Oos na Wes. En alle aanduidings is daar dat hierdie getal in die toekoms, met die uitbreiding van die industrieë en mynbou sal styg.

Alhoewel daar ‘n hele aantal myne binne die grense van die gemeente is en Rhodesië se Yskor tw. Riscorn ook net buite Que-Que geleë is, bestaan die gemeente nag grotendeels uit boere, veral rondom Gatooma, Hartley en Chakari. Hier is van die pragtigste en vrugbaarste grond vir die verbouing van tabak, mielies en katoen.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan terugkyk oor die pad waarlangs ook hierdie gemeente gekom het, en terwyl ons in ootmoed die Ebenhaeser-baken plant, wil ons uit een hart saamstem — Soli deo Gloria.

Bron: Ned, Geref. Kerk Midde-Afrika 75: 1895 – 1970