gestig
27 Junie 1955
ring
Ring van Durban-Suid
Afgestig an
NG Gemeente Durban-Suid
ingelyf by
NG Gemeente Durban-Oos
Adres
Lighthouseweg, Bluff
eerste predikant
Ds DJ Smit
Die NG Gemeente Fynnland is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.
Die afstigtingsvergadering op 27 Junie 1955 was in die kerksaal van die NG Gemeente Durban-Suid. In Augustus 1955 is ds. DJ Smit as eerste leraar beroep. ‘n Saaltjie is op die leë erf wat van Durban-Suid as bruidskat ontvang is gebou, waar eredienste gehou kon word. Daar is ook ‘n pastorie gebou. Die pragtige kerkgebou met sy baie simboliek is op 4 Mei 1963 in gebruik geneem. Die toring simboliseer die Drie-Eenheid, waarop die geloof en voortbestaan van die gemeente berus.
NG Gemeente Fynnland het op 30 September 2019 ontbind en het op 1 Oktober 2019 een geword met NG Gemeente Durban-Oos.
NG Gemeente Fynnland en NG Gemeente Durban-Oos ervaar vir`n geruime tyd finansiële druk vanweë demografiese verandering. Op Sondag 23 Junie 2019 besluit die kerkraad van Fynnland dat die gemeente nie meer met sy werksaamhede kan voortgaan nie, maar dat ter wille van die beste bediening van die koningkryk van God vir die Bluff gemeenskap, dit die regte tyd is om op nuwe wyse voort te gaan.
Francois Neethling is leraar van Durban-Oos. Pieter (PJ) van der Walt van Fynnland behou sy status as predikant en is reeds vanaf 1 Oktober 2019 mede-leraar by die NG Gemeente Durban-Oos.