NG Gemeente Durban

Die moederkerk Durban. (Foto: Morné van Rooyen)

gestig

9 Julie 1913

Ring

Ring van Durban

Adres

Smithstraat 151, Durban

Eerste Predikant

Eerw. W.P.J. Poen

Die NG Gemeente Durban is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.

Hoewel die dorp Durban reeds in 1835 amptelik as dorp verklaar is, het die gemeente eers 78 jaar later tot stand gekom. Mnr. J C du Plessis, ‘n baie toegewyde Christen, en lid van die strewersvereniging, het baie hiermee te doen gehad. Hy het reeds in 1906 met ‘n huiskerk begin wat uiteindelik uitgeloop het op gemeentestigting in 1913. Hy het dan ook die nuwe kerkgebou oopgesluit toe dit in 1924 in gebruik geneem is. Die eerste leraar in 1914 was Eerwaarde WPJ Poen. Die gemeente is vandag algemeen bekend as die Smithstraat kerk. Weens die ontvolking van die middestad het daar ongelukkig min lidmate oorgebly.  Die gemeente word in kombinasie met Berea bedien.

Die hoeksteen van die NG Moederkerk Durban, ontwerp deur Wynand Louw en Gerard Moerdyk. (Foto: Morné van Rooyen)