NG Gemeente Crosby

Die kerkgebou van die NG Gemeente Crosby, omstreeks 1970 afgeneem deur John Conroy, amateurfotograaf van kerkgeboue.

gestig

6 Augustus 1946

bekend as

Crosby Christengemeenskap

ring

Ring van Johannesburg

adres

Kilmorelaan-Oos 17, Crosby

eerste predikant

Ds T Botha

Die NG gemeente Crosby is ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.

Die gemeente het op 6 Augustus 1946 met 500 lidmate en 22 kerkraadslede van die moedergemeentes Johannesburg-Wes (wat toe self net twee jaar oud was) en Langlaagte afgestig. Die gemeente het geen gebou of plek vir samekoms gehad nie, maar wel Johannesburg-Wes se pastorie bekom omdat dit binne die grense van die nuwe gemeente gestaan het.

Op uitnodiging van Johannesburg-Wes besluit die gemeente dat lidmate saam met die moedergemeente in sy kerkgebou sou aanbid totdat Crosby sy eie geboue kon oprig. Dié samewerking was besonder geslaagd en geseënd. Die groot taak van die leraar, kerkraad en lidmate was uiteraard die oprigting van ‘n eie kerkgebou. Op 14 April 1947 begin hulle ‘n boufonds en reeds in Maart 1948 begin die gemeente met die bou van ‘n kerk, wat op 7 Mei 1948 ingewy is en £14 000 gekos het.

Eers nadat die derde beroep uitgebring is, kon die gemeente sy eerste leraar, prop. Theunis Botha, op Saterdag 22 Februarie 1947 bevestig. Hy sou die gemeente meer as 40 jaar dien.

Terwyl sewe omliggende gemeentes deur die jare in die NG Gemeente Vergesig (nou Brixton Kerk) verenig het, het Crosby steeds afsonderlik voortbestaan, hoewel herderloos en in 2011 met net 18 doop- en 138 belydende lidmate, vergeleke met 170 doop- en 550 belydende lidmate in 1985. In 2022 was dit 74 en sewe. Geografies is Crosby een van die kleinste gemeentes in die land, naamlik 400 by 800 meter. (Geskryf deur Morné van Rooyen).

Predikante