gestig
–
ingelyf by
28 Augustus 2011
NG Gemeente Waterval
Adres
–
Eerste predikant
Ds
Die NG Gemeente Claremont was ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.
Die gemeente is in 1958 gestig in ‘n tyd toe daar ‘n groot toename in die getal Afrikaanssprekendes in dié deel van die Witwatersrand was. In die onmiddellike omgewing van die ou moedergemeente van dié geweste, NG gemeente Waterval, wat op 24 Mei 1921 van die NG gemeente Langlaagte afgestig is, het Claremont dan ook afgestig. Claremont is op 28 Augustus 2011 by die moedergemeente, Waterval, ingelyf. Ds. Martin Petrus Bothma het die gemeente van 1963 af bedien en, nadat hy in 1998 geëmeriteer het, nog tot aan die einde as emeritus-leraar.