Gestig
2 Junie 1883
later bekend as
NG Gemeente Boetsap
Later bekend as
NG Gemeente Klein-Boetsap
ingelyf by
NG Gemeente Delportshoop
Die omgewing van die Hartsrivier in Griekwaland-Wes is in die beginjare deur leraars van Dutoitspan bedien. Dit het ook die Vaalrivierdelwerye ingesluit. Op 2 Junie 1883 word die Ned. Geref. Gemeente Cathcart-Wes op die skoolplaas Boetsap gestig. Dít is vernoem na sir George Cathcart, ’n voormalige goewerneur aan die Kaap. Die naam Wes is daaraan toegevoeg om dit te onderskei van Cathcart in die Oostelike Provinsie. Die nuwe gemeente het ook die inwoners van die Vaalrivier ingesluit. Met die besoek van die ringskommissie aan Boetsap word ds. JD Kestell as eerste konsulent van Cathcart-Wes benoem. In 1888 keur die sinode goed dat die naam van die gemeente na Boetsap verander.
In 1890 gee die ring van Colesberg toestemming dat dit na Klein-Boetsap verander.