gestig
7 Februarie 1956
voorheen
NG Gemeente Swellendam-Oos
ring
Ring van Swellendam
adres
N2, Buffeljagsrivier
eerste predikant
Ds EGD Coetzee
Die NG Gemeente Buffeljagsrivier is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Die NG Gemeente Swellendam-Oos is amptelik op 7 Februarie 1956 in die kerksaal op Buffeljagsrivier gestig, Mnr W Smith is as eerste skriba aangestel. Die eerste erediens is op 12 Februarie 1956 gehou met ds EGD Coetzee van Montagu as prediker. Hy word dan ook op 16 April 1956 as leraar beroep en is op 23 Junie van daardie jaar bevestig. Op 26 Maart 1956 is daar ook deur die Kerkraad besluit dat die gemeente voortaan as die NG Gemeente Buffeljagsrivier sou bekend staan. Die nuwe kerkgebou is 26 Maart 1960 ingewy.
Predikante
- Edward George Daniel Coetzee, 1956 – 1962
- FN Marais, 1963 – 1964
- MS Louw, 1964 -1972
- JLP Zietsman. 1972 – 1985
- JG le Roux, 1986 -1992
- JF van Heerden, 1992 –
- Nicolaas Van der Walt, 2018 – 2022
- Stephanus Jacobus van Heerden, 2022 – hede