NG Gemeente Bronkhorstspruit

NG Gemeente Brnkhorstspruit (Foto: Morne van Rooyen)

gestig

13 Oktober 1905

voorheen bekend as

NG Gemeente Erasmus

Ring

Ring van Silverpark

adres

Cornelisstraat 51, Bronkhorstspruit

Sluit in

Bronkhorstspruit

Eerste leraar

Ds D J Kriel

Die NG Gemeente Bronkhorstspruit is ‘n gemeente in die Oostelike Sinode.

Die gemeente is op 13 Oktober 1905 gestig as die NG Gemeente Erasmus. Die eerste leraar was ds. D.J. Kriel wat in 1906 bevestig is. Aan die begin was die gemeente net in besit van ’n sinkkerk, maar het reeds ná sowat 10 jaar begin geld insamel vir die bou van ’n behoorlike Godshuis. Die gemeente is gestig met die naam Erasmus, maar in later jare het dit die naam van die dorp gekry. Reeds in 1920 het die  NG Gemente Premiermyn op Cullinan afgestig en in 1976 die gemeente Nooitgedacht, ook op Bronkhorstspruit.

Dogtergemeentes

Predikante

  • D J Kriel, 1906-1919
  • C A Neethling, 5 Julie 1919-25 Augustus 1926 (oorlede in amp)
  • Hermanus Francois Gerryts, 24 April 1927-1940 (emeriteer)
  • G S van Heerden, Augustus 1940–1945
  • G J Retief, 1947–1949
  • F A J van der Merwe, 7 Oktober 1950-1 November 1968 (demissie)
  • H B Senekal, 22 Februarie 1969-1986 (demissie)
  • F F Janse van Rensburg, 7 Mei 1983-24 Julie 2002
  • P J Fourie, 25 Januarie 2004-31 Desember 2011 (demissie)
  • Dina Susanna Maria Smit, 11 Junie 2006-17 Februarie 2009 (demissie)
  • F C Victor, 25 Oktober 2009-  Junie 2015 (demissie)
  • Tertius Erasmus, 17 Junie 2012