NG Gemeente Bergsig-Newcastle

NG Gemeente Bergsig-Newcastle

gestig

16 Junie 1973

waarby ingelyf is

NG Gemeente Newcastle-Suid

ring

Ring van Amajuba

Adres

H/v Duiker- en Steenbokstraat, Newcastle

eerste predikant

Ds S Schoeman

Die NG Gemeente Bergsig-Newcastle is ‘n gemeente in die Sinode van KwaZulu-Natal.

Met die oprigting van die Yskorwerke in die vroeë sewentiger jare en die gepaardgaande vestiging van honderde nuwe gesinne, het Newcastle van ‘n rustige, klein plattelandse dorpie gegroei tot ‘n groot nywerheidsdorp met ‘n “stadsatmosfeer”. Hierdie verandering het ook op die kerk ‘n invloed gehad en die ou gevestigde Newcastle-gemeente se lidmaattal het in ‘n baie kort tyd so toegeneem dat afstigting onvermydelik was. Op 16 Junie 1973 het “n tweeling” toe afgestig met Die Parke ‘n halfuur ouer as Bergsiggemeente!

Newcastle-Suid gemeente ontbind op 30 November 2019 en op Sondag 1 Desember 2019 word dit amptelik een met NG Gemeente Bergsig-Newcastle.

Ds Fanie Schoeman was die eerste leraar.