
gestig
28 Maart 1905
waarby ingelyf is
NG Gemeente Benoni-Wes
ingelyf by
NG Gemeente Farrarmere
nou
NG Gemeente Jubilate
adres
Kimboltonstraat 35, Benoni
eerste predikant
Ds P J du Plessis
Die NG Gemeente Benoni was ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.
Die NG gemeente Benoni was die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Benoni, maar is in sy eeufeesjaar, 2014, ingelyf by die gemeente Farrarmere, wat sedertdien bekendstaan as die gemeente Jubilaté. Dit was nadat Benoni-Wes reeds vroeër by Benoni ingelyf is, waarna die saamgestelde gemeente die Wes-gemeente se kerkgebou by Parkstraat 29 gebruik het.
Dorpstigting en naamgewing
In die ou dae in Transvaal was daar, by gebrek aan landmeters, ’n bepaalde metode om plase af te baken. ’n Middelpunt is geneem en dan moes ’n man te perd ’n halfuur lank op ’n matige pas ry in ’n noordelike rigting, dan dieselfde afstand van die middelpunt af in ’n suidelike rigting en ook wes- en ooswaarts. Wanneer die vier punte aanmekaargelas word, vorm dit die nuwe plaas se grense.
So het egter onreëlmatige stukke grond tussen die afgebakende plase oorgeskiet, wat “uitvalgrond” genoem is. Hierdie uitvalgrond het staatseiendom gebly. 1n 1881 het die ZAR se regering besluit om al die uitvalgrond behoorlik te laat opmeet en van name te voorsien. Die taak is opgedra aan Johann Rissik, later landmeter-generaal en administrateur van Transvaal. Rissik het op ‘n dag baie moeilikheid ondervind met ‘n stuk uitvalgrond ongeveer 19 myl van Johannesburg af. Dit was baie onreëlmatig en moeilik om op te meet. Rissik was baie godsdienstig en het sy Bybel goed geken.
Goud is nou egter ook op die omliggende plase Kleinfontein, Vlakfontein en Modderfontein ontdek. Mynontginning het nou snelle vordering gemaak. Mynkampe het ontstaan waar ‘n paar jaar tevore eensame boereplase was, maar dis eers in 1904 dat die eerste persele verkoop is; nie op Benoni nie, maar op die aangrensende plaas Kleinfontein. Die naam is egter oorgeneem vir die nuwe dorp. In 1906 is ‘n gesondheidsraad vir Benoni in die lewe geroep. Dit het egter spoedig geblyk dat die Raad se magte nie voldoende was om met die snelle vooruitgang van die dorp tred te hou nie, en in Desember 1907 het die Transvaalse administrasie besluit om ‘n dorpsraad in die lewe te roep.

Gemeentestigting
In die maande vooraf is genoemde saal gebou wat tot 1921 as kerk en skool gedien het. In Desember 1915 is die pastorie ook voltooi en kon die leraar sy intrek daarin neem. Die voertuig van die leraar was in dié jaar ‘n trapfiets, wat sekerlik die werk nie vergemaklik het nie. Deur die uitbreiding van die myne in die omtrek, groei die getalsterkte van die gemeente geweldig. Ná ‘n dienstyd van ses jaar verander ds. Du Plessis sy werkkring en bly die gemeente ongeveer een en ‘n half jaar vakant.
Nuwe kerkgebou
Ná ‘n groot getal mislukte beroepe, neem ds. R.J.B. Feenstra die beroep aan en word in Julie 1921 bevestig. Die gemeente smaak die vreugde om sy sierlike kerkgebou in September van dieselfde jaar in te wy, by watter geleentheid die moderator, ds. A.J. Louw, die feesredenaar was. Daar het ‘n geweldige skuld op die gemeente gerus, en sware tye het oor sy hoof gegaan. Die kom en vertrek van lede het die arbeid verdubbel, maar met onvermoeide volharding en seën van Bo het ds. Feenstra die werk 23 jaar lank voorgesit, tot hy oortuig raak dat sy taak in die gemeente afgehandel was en hy op 16 Februarie 1945 aftree. ’n Dogter van hom was die tweede vrou van ds. Santie Sandenbergh.
Die volgende leraar, ds. J.D. van Niekerk, is in 1948 bevestig.
Predikante
- Philippus Jacobus du Plessis, 1915 – 1921
- Roelof Johannes Buchner Feenstra, 1921 – 1945
- Johannes Lodewikus Grobler, 1945 – 1947
- Johannes Daniel van Niekerk, 1948