NG Gemeente Bellville-Strandweg

NG Gemeente Bellville-Strandweg
NG Gemeente Strandweg (Foto: Wynand Beukes)

gestig

5 Oktober 1966

ontbind

31 Oktober 1996

ingelyf by

NG Gemeente Bellville-Oos

adres

Petrusastraat, Bellville

eerste predikant

ds R Hurter

Die NG Gemeente Bellville-Strandweg was ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.

Aanvanklik het die NG Gemeente Bellville-Oos dienste in ‘n saal in Kasselsvleiweg gehou. Toe die lidmate te veel word is daar besluit om ‘n nuwe gemeente af te stig. Op 5 Oktober 1966 vind die stigtingsvergadering plaas onder voorsitterskap van ds ZB Badenhorst. Daar word besluit op die naam Bellville-Strandweg en ds DJ du Toit word as eerste konsulent aangewys. Daar was 750 limate met afstigting.

SANLAM het goedgunstiglik die CR Louw-teater beskikbaar gestel vir die hou van eredienste en die eerste erediens vind op 20 November 1966 om 10:00 plaas. Die prediker by die geleentheid was teologiese student VD Nortje. Hierna het teologiese student AH Luckhoff met die prediking gehelp tot ‘n leraar beroep is. Die eerste predikant was ds Rossouw Hurter vanaf Bulawayo-Noord wat op 23 April 1967 sy intreepreek lewer.

Kerkgebou

‘n Stuk grond ter waarde van R10 000 is aan die nuwe gemeente as bruidskat gegee, asook ‘n kontantbedrag ter waarde van R1 950. Daar word besluit om ‘n woonhuis te Mazzurstraat 3 te koop as pastorie, maar die kontrak word nietig verklaar as gevolg van kewerbesmetting en ‘n huis in Keatstraat in Loumarpark word toe gehuur.

Op 10 Mei 1967 word Antonie Smit aangestel as argitek vir die bou van ‘n kerkgebou en pastorie. Mnr MC van Tonder is as bouer aangestel. Die koste was R69 248 vir die kerkgebou en R24 098 vir die pastorie. Die sooispitgeleentheid vind op 6 Oktober 1968 plaas en ds PA Verhoef doen die wydingsrede. Die hoeksteenlegging vind plaas op Saterdag, 10 April 1969 en dieselfde dag word die pastorie ingebruik geneem. Die voltooide kerkgebou word op Sondagoggend, 19 Oktober 1969 ingewy. Die wydingsrede was gelewer deur die moderator, ds JS Gericke.

Predikante