gestig
18 Desember 1934
ring
Ring van Bellville
Adres
H/v De Lange- en Hugenotestraat, Bellville
eerste predikant
Ds
Die NG Gemeente Bellville is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Agtergrond
In 1843 staan ‘n klein klipbaken aan die voet van die Tygeberg aan die loop van die Elsieskraalrivier. Die steen het die twaalf myl vanaf Kaapstad aangedui en was alom bekend as Twaalfde Mylpaal. Twee hotelle en enkele huisies sou gou hier verrys. ‘n Entjie verder was die uitspanning wat bekend was as Hardekraaltjie. Dit was geleë op die hardepad tussen die Kasteel en Stellenbosch en het dieselfde pad gevolg as die huidige Voortrekkerweg. In 1861 word dit amptelik Bellville – vernoem na die landmetergeneraal Charles Davidson Bell. In 1882 volg ‘n spoorwegstasie en op 7 September 1922 word ‘n dorpsbestuur in die lewe geroep.
Geestelike versorging
Kerklik was Bellville ‘n wyk van die NG Gemeente Durbanville. Vanaf April 1900 het ds Luckhoff maandeliks buitedienste hier gehou en vanaf 1920 was daar weekliks ‘n diens. In 16 September 1922 word ‘n kerksaal met 300 sitplekke ingewy. Omdat die lidmate en erediensbywoning toegeneem het is daar besluit om ‘n hulpleraar aan te stel. In 1930 word eerwaarde John le roux as hulpleraar aangestel. Dit lei daartoe dat ouderling EJ Loubser die Kerkraad van Durbanville in April 1934 nader met ‘n versoek tot afstigting. Op ‘n buitengewone vergadering van die Ring van Kaapstad gehou op 12 Desember 1934, word op voorstel van ds PJ van der Merwe, opdrag aan die ring gegee om Bellville tot ‘n selfstandige gemeente van Durbanville af te stig. Die opdrag word op 18 Desember 1934 uitgevoer. Op 28 Januarie 1935 kom die kerkraad byeen en beroep ds JC Steyn. Hy neem egter nie die beroep aan nie en ds PW de Lange word die eerste leraar.
Dogtergemeentes
- 1947 Bellville-Wes
- 1948 Bellville-Suid
- 1954 Bellville-Noord
Predikante
- Pieter Willem de Lange, 1935 – 1938
- Andre Francois Malan, 1938 – 1941
- Johannes Hendrik Steenkamp, 1942 – 1947
- Hercules Alexander Sandenberg, 1947 – 1948
- Johannes Hermanus Roos, 1948 – 1952
- Dirk Wouter Albertus Pretorius, 1952 – 1954
- Josias Jacobus Cornelius Visser, 1953 – 1958
- Willem Johannes du Toit, 1959 – 1963
- Johannes Petrus Munnik, 1964 – 1968
- Pieter Daniel Gustav Conradie, 1967 – 1970
- Gert Johannes Lamprecht, 1968 – 1974
- David Petrus Botha, 1968 – 1979
- Henry Serfontein, 1970 –
- Johann Nel, 1974 – 1980
- Gerhard Jacobus Langeveld, 1980 –
- George Johan Retief, 1987 – 1991
- Pieter Carel Nienaber, 2000 – 2002
- Herman Crous Burger, 2014 – hede