
gestig
–
ingelyf by
NG Gemeente Malvern (Johannesburg)
Ds. J.G. Griesel het die hoeksteen van die NG kerk Belgravia, tussen Jeppestown en Malvern, Johannesburg-Oos, op 12 Junie 1954 gelê. Dit meld nie die argitek se naam nie, maar wel F.P. van Heerden as boumeester. Omstreeks 1980 is Belgravia by Malvern en Bezuidenhoutsvallei by Jeppestown ingelyf. Die kerkgebou is ‘n tyd lank deur die gemeente Andrew Murray gebruik wat ontstaan het uit die sending onder die Jode. In 1992 het die twee oorblywende gemeentes saamgesmelt as Kensington.