gestig
11 November 1975
ook bekend as
Andrew Murray Community Church
ring
Ring van
Adres
a
Eerste Predikant
Ds JA Vorster
Die NG Gemeente Andrew Murray (Bloemfontein) is ‘n gemeente in die Vrystaatse Sinode.
Dit is aan Ds. Tienie Zeeman te danke dat ‘n Engelse wyk met eie Engelse dienste in 1972 by Berg-en-Dalgemeente ontstaan het en weens die groei van getalle is ‘n onafhanklike Engelse gemeente op 11 November 1975 gestig.
Die eerste eie predikant was Ds. J.A. Vorster, bevestig in Februarie 1976, gevolg deur Ds. Henry Van Zyl in 1978 en Ds. Thinus le Roux in 1981.
Gedurende Mei 1982 kon die gemeente, wat tot daar toe nog Berg-en-Dalgemeente se fasiliteite gebruik het, hul eie gebou in Alexandralaan 34 betrek. Die gemeente het floreer en in 1995 het Dr Johan van Rensburg ook as medeleraar by die gemeente aangesluit. Sedert Ds. Thinus se aftrede dien hy as die enigste predikant.
Tans is die gemeente ‘n volwaardige interkulturele gemeente wat ook poog om ‘n bydrae in die gemeenskap te lewer, daarom is vroeg in 2014 besluit om die naam te verander na Andrew Murray Community Church.
Predikante
- J A Vorster, Februarie 1976 – 1978
- Harry Butler van Zyl, 1978 – 1981
- Marthinus le Roux, 1981 – 2000
- Johan Janse van Rensburg, 1995 – 2016