NG Gemeente Amsterdam

NG Gemeente Amsterdam

gestig

30 April 1910

ring

Ring van Wakkerstroom

adres

H/v Colley- en Bullerstraat, Amsterdam

sluit in

Amsterdam

eerste predikant

Ds A J Jacobs

 

Die NG Gemeente Amsterdam is ‘n gemeente in die Oostelike Sinode.

Die hoeksteen van die eerste kerkgebou word in 1884 gelê, alhoewel Amsterdam gemeente eers op 30 April 1910 as ‘n selfstandige gemeente van Ermelo afstig.  Namate die gemeente gegroei het is daar na baie wik en weeg besluit om ‘n groter kerkgebou te bou.  Hierdie gebou is op 29 Maart 1930 met 535 lidmate ingewy.

Algaande die kerk weer te klein geword het is besluit om ‘n saalboufondse oor te dra na ‘n kerkboufonds. So word besluit om ‘n nuwe kerk op die erf regoorkant die bestaande kerk te bou. In September 1965 word die nuwe kerk ingewy en die ouer kerkgebou in ‘n saal verander – die toring word afgebreek maar die klok bly behoue.

‘n Groot ramp tref die gemeente in November 1987.  ‘n Brand wat tydens herstelwerk aan die dak uitbreek, brand die kerkgebou in geheel af – slegs die toring bly as ‘n baken behoue. In plaas daarvan om weer ‘n kerk te bou, besluit die gemeente om die kerksaal weer tot ‘n kerk te restoureer. Die gemeente van Amsterdam vier sy 114 jaar van bestaan met dankbaarheid in dieselfde gebou wat met soveel toewyding in 1930, as tweede kerkgebou in gebruik geneem is.  ‘n Teken van God se getrouheid en beskerming elke keer sigbaar as jy die kerkterrein binne stap.

Predikante