Nel, Johannes Lodewyk

 

gebore

26 Okt. 1910

OORLEDE

4 Jun. 1974

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1935

ORDEN

1938

standplase

1938 Middelburg, K.P. (Hpr.)

1940 Middelburg, K.P.

1941 Elliot

1944 Murraysburg

1948 Bothasrus

1955 Humansdorp

1964 Cradock

EMERITEER

Ds Johannes Lodewyk Nel, eerste assessor van die nuutgestigte Oos-Kaaplandse Sinode, is 26 Oktober 1910 gebore en 4 Junie 1974 na ‘n siekbed van enkele weke op Cradock Oorlede. Sy teologiese opleiding voltooi hy einde 1935 aan die Stellenboschse Kweekskool. Nadat hy Middelburg (Kaap) eers (1938) as hulpprediker en toe (1940) as vaste leraar gedien het, staan hy in Elliot (1941); Murraysburg (1944); Bothasrus(Despatch) (1948); Humansdorp (1955) en Cradock (1965); Sy hele bediening val dusin Oos-Kaapland. Hy was ‘n harde werker, ‘n bekwame leier en ‘n toegewyde en geliefde godsman, wat sy plek ook in wyer kerklike kringe in belangrike kommissies volgestaan het. (Jaarboek 1975/F5)