Nel, Johan

 

gebore

08 Des. 1956

OORLEDE

26 Jul. 2003

UNIVERSITEIT

BA, BD

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Ds. Johan Nel (BA, BD) 08/12/1956 – 26/07/2003

Floris Petrus Johannes Nel is op 8 Desember 1956 op Prieska gebore. Sy vader was Johannes Hendrik Nel, ‘n stasiemeester van beroep, en sy moeder was Alida Aletta Kirsten. Johan het sy eerste skoolopleiding aan die Laerskool Marydale (1963-1966) en Prieska (1967-1969) ontvang. Hierna was hy ‘n leerling aan die Hoërskool Prieska (1970-1971) en John Vorster (1972-1974).

Johan het aan die Universiteit van Pretoria studeer waar hy die BA- en BD-graad behaal het. Hy is einde 1981 as proponent gelegitimeer en het daarna twee jaar militêre diensplig verrig. Sy skripsie het werk voortgesit tot met die aanvaarding van emeritaat op 1 Januarie 1980.