
gebore
15 Jul. 1917
OORLEDE
25 Sep. 1989
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1941
ORDEN
1942
standplase
1942 Durban-Wes
1947 Melville
1958 Auckland Park
1963 Swartland
1964 Swartland-Noord
EMERITEER
–
Ds. Coligny Nel (15.7.1917 – 25.9.1989);
Hierdie bekende en geliefde leraar van ons kerk is in 1941 op Stellenbosch gelegitimeer en op 11 Julie 1942 in sy eerste gemeente te Durban-Wes georden. Van 2 Augustus1947 af bedien hy die gemeente Melville en van 27 September 1958 af ‘n derde stadsgemeente, Aucklandpark. Hy word op 19 April 1963 ontvang in die gemeente Swartland en op 4 April 1964 in die nuutgestigte gemeente Swartland-Noord. Vanaf 30 September 1972 bearbei by vir 3 jaar die gemeente Parys in die Vrystaat en vanaf 16 Januarie 1975 La Rochelle tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 25 Julie 1982. ds. Nel was ‘n energieke mens wat al die dele van sy bediening met groot ywer en entoesiasme aangepak het. Hy was ‘n harde werker, pligsgetrou met sy huisbesoek en geliefd onder gemeentelede. Hierdie begaafde bedienaar van die Woord is op 25 September 1989 Oorlede.