gebore
3 Apr. 1871
OORLEDE
24 Aug. 1926
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1898
standplase
1909 Eloffsdal
EMERITEER
1919
Ds. Christoffel Albertijn Neethling, B.A.: Gebore 3 April 1871. Oorlede 24 Augustus 1926. Hierdie broeder, die jongste seun van die onvergetelike Ds. J. H. Neethling van Stellenbosch, het na volbragte studie aan die Kweekskool en ‘n reis in Europa, in September 1898 in die bediening getree as predikant van Nieuwoudtville waar hy jaar lank met vrug, en seën gearbei het. Hy was die eerste predikant van daardie gemeente en het ‘n aktiewe deel geneem in die aanlê van die dorp en die opbou van die gemeente. In 1909 is hy leraar geword van die pasgestigte gemeente Eloffsdal en in Januarie 1919 van die gemeente Erasmus. Getrou het hy 28 jaar lank die kerk van sy voorvaders gedien en hom met sy volk, viral in sy node en lyding, vereenselwig. Van hom sê ‘n Ringsbroeder: “Hy was ʼn “goed man,” weens sy innige vroomheid, diepe erns, tedere liefde, en tog was hy beslis.”