gebore
26 Jul. 1939
OORLEDE
2 Sep. 1986
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
EMERITEER
–
Hy is op Balfourgate gebore. Hy het sy primêre skoolopleiding op Balfour ondergaan en woon die sekondêre skool Lawson (Fort Beaufort) by. Hy behaal sy matriekulasiesertifikaat d.m.v. ‘n korrespondensiekursus. Na die voltooiing van sy teologiese studie op Decoligny word hy aan die einde van 1966 gelegitimeer en in Januarie 1967 in sy eerste gemeente Pearston bevestig. Hier dien hy 15 jaar totdat hy in Januarie 1982 leraar word van die gemeente in Nyanga. ds. Ndzotho was ‘n stil, saggeaarde man met sterk leierseienskappe. Daarvan getuig die twee termyne wat hy as moderator van die Streeksinode van Kaapland gedien het. Hy was ook voorsitter van die Ring van Kaapstad. Hy is ‘n paar dae na die inwyding van die Khayelitsha-kerkgebou Oorlede. Die oprigting van die kerkgebou was die grootste taak wat hy tydens sy dienstermyn in Nyanga aangepak en voltooi het. Ten tyde van sy dood was hy besig met B Th Hons-studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy word oorleef deur sy vrou, Stella Nyezi, en enigste seun.