gebore
–
OORLEDE
21 Jul. 1943
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1906
ORDEN
1907
standplase
Kroonstad (Hpr.)
1908 Aliwal-Noord
EMERITEER
1938
Ds. Willem Johannes Naudé is in 1906 as predikant gelegitimeer en in 1907 as hulpprediker te Kroonstad georden. Hy was egter nie lank hulpprediker nie toe hy ‘n beroep na Aliwal-Noord aangeneem het en waar hy in 1908 bevestig is. Hierdie gemeente het hy vir meer as 30 jaar bedien toe hy weens gesondheidsredes in 1938 sy emeritaat moes aanvaar. Hy het gedurende sy bediening ook student gebly want dit was sy oortuiging dat ‘n predikant slegs deur studie die beste kan lewer. Die hoë intellektuele, literariese en geestelike gehalte van sy preke was dan ook daarvan die beste bewys. Hy het die Kerk op belangrike kommissies gedien soos bv. die Bybelvertaling-kommissie, Admissie en Proponentseksamen-kommissies. Hy was toegewyd in die werk van sy Meester. Vir sy gemeente was hy getroue leraar, tere vriend en geestelike vader. Sy bediening was vrugbaar. Op 22 Julie 1943 het hy die tyd met die ewigheid verwissel.