gebore
14 Sept. 1890
OORLEDE
23 Apr. 1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1916
ORDEN
1917
standplase
1929 Afgetree
1948 weer gelegitimeer
1949 Cachet
EMERITEER
–
Ds. Schalk Willem Naude is op 14 September 1890 gebore. Hy is in 1916 gelegitimeer en in 1917 as leraar van Potgietersrusgeorden. Omdat die gemeente Potgietersrusdestyds nog so verbasend groot en uitgestrek was, was Ds. Naude se werk aldaar buitengewoon veeleisend. Nadat hy die gemeente twaalf jaar lank bedien het, het hy in 1929 afgetree en Volksraadslid geword. In 1948 is hy egter weer gelegitimeer en in 1949 is hy as leraar van Cachet bevestig. Hy het aldaar met nuwe ywer hom aan die diens van die Here gewy en op 23 April 1950 in die tuig heengegaan nadat hy nog die oggenddiens en die voorbereidingsklas vir Sondagskool-onderwysers ‘n paar uur tevore waargeneem het.