gebore
27 Aug. 1913
OORLEDE
25 Jan. 1994
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1943
ORDEN
1945
standplase
1945 Herold
1948 Willowmore
1951 Pearston
1961 Kroonheuwel
EMERITEER
–
Ds. Ockert Andries Olivier Naude (BA) (27.08.1913 – 25.01.1994)
Ds. Ockie Naude, emeritus-predikant van Kroonstad, is op 25 Januarie 1994 in die ouderdom van 80 jaar in die Voortrekker-Hospitaal Oorlede.
Ds. Ockie, soos by algemeen bekend was, het op Bethlehem sy skoolloopbaan voltooi en daarna sy studies aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voortgesit. Hy is in 1943 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was die NG gemeente Herold waar by in 1945 georden is. Daarna was by by die NG gemeentes Willowmore (1948); Pearston (1951); Kroonheuwel (1961) en vanaf 1970 tot 1978 het hy die NG gemeente Viljoensdrif bearbei.
Hy was ʼn toegewyde pastor wat met groot ywer en liefde in sy Meester se wingerd gearbei het. Hy is in 1941 in die huwelik bevestig met Susan du Plessis van Petrusville, wat hom al die jare van sy bediening getrou bygestaan en ondersteun het. Uit die huwelik is een seun en twee dogters gebore.
Na aftrede het ds. Ockie en sy eggenote vir ‘n geruime tyd afloswerk in vier gemeentes gedoen – vir ongeveer 12 jaar as hospitaalleraar by die Voortrekker-Hospitaal, Kroonstad, waar by met groot ywer pasiënte geestelik begelei het.
Hulle het die afgelope vyf jaar in ‘n woonstel by Huis Edelkroon gewoon en ‘n groot vriendekring opgebou. By was ‘n geliefde mens wat die agting van almal geniet het. Sy heengaan word diep betreur deur sy eggenote, kinders en kleinkinders en by word deur almal wat hom geken het, gemis. – Hoffie Cruywagen.