Naude, Jozua Francois * 1873

Ds JF Naude

gebore

20 Mrt. 1873

OORLEDE

27 Aug. 1948

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1909

ORDEN

1910

standplase

1910 Goedemoed

1911 Roodepoort

1919 Piet Retief

1921 Graaff-Reinet

EMERITEER

Ds. Jozua Francois Naude is gebore te Middelburg, Kaap, op 20 Maart 1873. Na sy opleiding te Stellenbosch het hy eers onderwys gegee. Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, het hy gaan veg en eers die oorlog sy studies voortgesit te Stellenbosch. Aan die einde van 1909 is hy gelegitimeer. Die volgende jaar is hy in sy eerste gemeente, Goedemoed, georden en bevestig. Vervolgens het hy ook nog die volgende gemeentes bedien: Roodepoort (1911-1919); Piet Retief (1919-1921) en Graaff-Reinet vanaf 1921 tot aan sy dood. Die Here het hom geseën met kostelike gawes van verstand en hart. In ons kerklike vergaderings het hy ‘n leidende aandeel gehad. As hy oor ‘n saak spreek was dit altyd wel deurdag. Hy het dan ook op belangrike kommissies gedien en was lid van die Raad van die Kerke. Verlede jaar is hy as waarnemende Actuarius benoem. Hy het ‘n vriendelike persoonlikheid gehad wat sy vroomheid weerspieël het. Sy lewensarbeid is met toewyding en getrouheid verrig. Hy is onverwags op 27 Augustus 1948 oorlede.