Naude, Johannes Jacobus

Ds. Naude Johannes

gebore

24 Okt. 1932

OORLEDE

3 Jun. 2013

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1957

ORDEN

1958

standplase

1958 Queenstown

1961 Selection-Park

1966 Griekwastad

1969 Berea

1974 Graaff-Reinet

1982 Port Elizabeth-Wes

EMERITEER

1995

Ds Johannes Naude: (BA, BD) 24 Oktober 1932 – 3 Junie 2013

Johannes Jacobus Naude is op 24 Oktober 1932 in Richmond (Kaap) gebore. In sy voorgeslagte is daar stoere boere- en kerkmense. Sy grootouers aan vaderskant is Francois en Sarie Nau& van Haaskraal in die distrik Richmond. Sy grootouers aan moederskant is Johannes en Bettie Retiefvan Groenkloof in die distrik Graaff-Reinet. Johannes se ouers is Van Zyl en Estelle Nau&, wat op die plaas Niekerksfontein in die distrik Richmond boer.

Hy begin sy skoolloopbaan in 1940 aan die Laerskool Richmond en matrikuleer in 1950 aan die Hoërskool Richmond, waar hy die Dux-leerling is. Johannes slaag ook sy finale Unisaeksamen (Gr 8) in klavier. Alhoewel hy kon gaan boer, voel hy vroeg reeds geroepe vir die bediening, en so loop hierdie seun uit die Karoo se pad in 1951 na Matieland.

In 1953 behaal Johannes ‘nBA-graad en hy studeer van 1954 tot 1957 aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Sy tesis het die onderwerp: “Moderne invloede op die Psalm- en Gesangboek.”Hy word op 11 Desember 1957 as proponent gelegitimeer.

Johannes trou op 12 Desember 1957 op Stellenbosch met Elza Botha, ‘n dogter van die bekende dr LLN Botha van Natal. Elza behaal BA en SOD op Stellenbosch. Haar suster is Henda, die eggenote van dr Frits Gaum. Uit Johannes en Elza se huwelik is daar drie kinders gebore: Van Zyl NauU, professionele fotograaf in Bloemfontein en getroud met die Springbokatleet, Madelê Kleynhans, ‘n radiografis; Lina Louw, ‘n musiekdosent, en getroud met Willem Louw, ‘n landbou-ekonoom; ds Laurie Nausg predikant in die NG Gemeente Meyerhof op Bothaville, en getroud met Elmarè Visagie, ‘n onderwyseres.

Prop J Nau& word die naweek van 8-10 Maart 1958 in die gemeente Queenstown bevestig; dit is ‘n groot oomblik toe hy na die handoplegging die eerste keer met sy toga aan die historiese kansel bestyg. Die bevestigingsrede word gelewer deur dr LLN Botha. Die jong Johannes se intreepreek handel oor Filippense 1:9-11. Hy skryf oor sy dienstyd daar: “Ek het as ‘n groentjie op Queenstown aangeland; ek was maar 25 jaar oud en op een na was ek die jongste op die kerkraad. Ek begin my bediening saam met ‘n medeleraar, dr Pippin Oosthuyzen. Hy was die persoon wat aan my besondere leiding gegee het. Ek kan in eerlikheid sê dat dit juis hy was wat my geleer het wat dit beteken om huisbesoek te doen. En daarmee het ek volgehou tot met my aftrede. Huisbesoek en prediking was altyd my hoogste prioriteite in die bediening.”

In 1961 aanvaar hy ‘n beroep na die gemeente Selection Park in Springs. Na goeie jare aan die Rand word hy op 19 Februarie 1966 predikant in die NG Gemeente Griekwastad in NoordKaapland. In sy dienstyd daar word daar hard gewerk om die kerkskuldte delgn ‘a die bou van ‘n nuwe kerk. Johannes is ook verantwoordelik vir die uitgee van ‘nkwartaalblad, wat die werksaamhede

in die gemeente weergee en kommunikasie vergemaklik. Op 10 Mei 1969 word hy leraar in die NG Gemeente Berea in Durban. Die Here stuur sy bedieningspad op 19 Julie 1974 na die NG Gemeente Graaff-Reinet, met sy imposante groot klipkerk in die hart van die Groot Karoo. Tydens sy bediening daar dien hy op verskeie kerklike kommissies in die Oos-Kaapse Sinode; die SKDB en die sending baat by sy wye ervaring. Vanaf 1990 tot 1995 is hy die sinodale verteenwoordiger op die streekraad van die Bybelgenootskap.

Op 17 Desember 1982 word hy leraar by die NG Gemeente Port ElizabethWes, waar hy tot met die aanvaarding van sy emeritaat in 1995 werksaam is. Na sy emeritaat vestig die egpaar hulle in Langenhovenpark, Bloemfontein, en later verhuis hulle na die aftree-oord Westerbloem in diè stad. Johannes bly diensbaar in die Here se werk – as deeltydse pastorale hulp by die Universitashospitaal en by Westerbloem, wat deel is van die NG Gemeente Aandbloem in die Vrystaatse hoofstad.

Ds Laurie Nau& skryf oor sy vader se liggaamlike agteruitgang: “In 2006 kry hy ‘n beroerte; dit bring algehele verlamming aan sy linkerkant mee en hy gebruik ‘n rolstoel om oor die weg kom -tot met sy dood op 3 Junie 2013. ‘n Jong swart man word opgelei om met sy versorging te help.”

Johannes en ElzaNau& se strandhuis “Oppitoppi” digby Glentana in die Suid-Kaap is die gesin se bymekaarkomplek. ‘n Gesinslid skryf: “Met die mooiste uitsig in die wêreld oor die baai van Mosselbaai, maak die uitgebreide gesin van agtien gereeld hulle tenks Desembermaande vol vir die nuwe uitdagings wat in die nuwe jaar sou wag.”

Ds Laurie Naude skryf: “Die altydpositiewe Johannes se geliefkoosde uitdrukking was: `Skuif na die sonkant!’ Hy het verduidelik dat ‘n boom ‘n son- en ‘n skadukanthet, afhangende van waar die son skyn. Die keuse is in jou hande om – negatief- in die koue, skadukant van die lewe te sit, of om – positief- te skuifna die sonkant, waar dit lekker sonnig is.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM