
gebore
12 Okt. 1903
OORLEDE
11 Jun. 1976
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1930
ORDEN
1931
standplase
1931 Heilbron Suid
1942 Kerkenberg
1948 Boksburg
EMERITEER
–
Ds Frederik Johannes Bernardus Naudé (12.1O. 1903 – 11.6.1976) voltooi sy teologiese studie 1930 op Stellenbosch en word Augustus1931 as eerste leraar van die jong gemeente Heilbron-Suid bevestig. Daarna staan hy eers in Kerkenberg (1942) en toe in Boksburg (1948); waar hy ‘n lewendige belangstelling in die Sending toon en etlike jare as voorsitter van die Randse Sendingraad dien. Na sy uittrede 1962 vestig hy hom op Frankfort waar hy gedurende die laaste twee jaar van sy lewe nog tydelike hulpdiens doen en waar die einde van die aardse reis vir hom aanbreek. (Jaarboek 1977/312).