Naude, Andries Hendrik

 

gebore

OORLEDE

14 Aug. 1944

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1914

ORDEN

1915

standplase

Indwe

1922 Adelaide

1931 Tarkastad

EMERITEER

1943

Ds. Andries Hendrik Naude is ʼn seun van die gemeente Barkly-Oos waar hy op 17 Januarie 1886 gebore is. Sy matrikulasie het hy aan die Hoër Jongenskool, Paarl, afgelê waarna hy vir verder studie na Stellenbosch gegaan het. Sy teologiese studies het hy aan die einde van 1914 voltooi toe hy gelegitimeer is. Sy eerste gemeente was Indwe waar hy in September 1915 georden en bevestig is. Na sewe jaar van getroue arbeid is hy in 1922 na Adelaide waar hy nege jaar gestaan het toe hy ‘n beroep na Tarkastad aangeneem het. Hy het ‘n minsame geaardheid gehad en as toegewyde dienskneg van die Here het hy hom baie bemind gemaak in sy gemeentes. Met toegewydheid het hy hom voortdurend aan sy werk gewy en geen opoffering in belang van siele was vir hom te groot nie. In 1943 moes hy weens gesondheidsredes sy emeritaat aanvaar toe hy in die Strand gaan woon het. Op 14 Augustus 1914 is hy onverwags Oorlede.