Myburgh, Johannes Joachim

 

gebore

30 Mrt. 1951

OORLEDE

26 Mei 1991

UNIVERSITEIT

BA, B Sc (RAU); BD (UP)

gelegitimeer

1978

ORDEN

1979

standplase

1979 Springs

1982 De Bruinpark-Ermelo

EMERITEER

In ‘n tragiese motorongeluk op Sondag 26 Mei 1991 het Hannes, sy eggenote Blondie, sy skoonma en hulle buurvrou, buite Ermelo gesterf. Sy dood was vir die kerk en die gemeenskap ‘n groot verlies.

Hannes is op 30 Maart 1951 in Johannesburg gebore. Hy het aan die Hoër Landbouskool Bekker gematrikuleer. Tydens sy diensplig was hy deel van die Lugmag se koor en konsertgroep, die Kanaries. Hy het sy BA-graad aan die RAU behaal nadat hy ook ‘n jaar BSc voltooi het. Hy het sy studies aan UP voortgesit en is in 1978 gelegitimeer. Hy is in 1979 in Springs bevestig en op 22 April 1982 in De Bruynpark op Ermelo.

Gedurende sy studiejare was hy aktief betrokke by verskeie Christelike organisasies en het hy ook in baie besture gedien. As predikant het hy in heelwat kerklike kommissies op verskillende vlakke gedien.

Hannes sal onthou word as iemand wat altyd die pad van waarheid en integriteit geloop het. Hy was met sy totale menswees aan sy gemeente verbind wat hy met liefde en ywer in navolging van sy Meester gedien het. (- ds. J A Myburgh)