Sowat 86 kilometer (54 myl) suidwes van Mphatso, word rondom 1911 ‘n tweede sendingstasie begin. Dit heet Mwenzi, is hoog geleë met baie lopende water beskikbaar en is naby die regeringspos Fulan Kungu. Eerw. Jozua Joubert word daar geplaas (Bron: Cronje, J.M. 1981. Aan God die dank. p, 209.).