Murray, John * 1868

 

gebore

7 Nov. 1868

OORLEDE

27 Febr. 1931

UNIVERSITEIT

Sending Instituut

gelegitimeer

ORDEN

1898

standplase

Waterberg

Robertshoogte (Kpln)

EMERITEER

1927

Hy is 7 November 1868 te Kaapstad gebore. Uit die Sending-Instituut op Wellington is hy in 1893 as godsdiens-onderwyser toegelaat en in 1898 georden as sendeling aan die Waterberg, Transvaal, waar hy toe reeds jare lank onder die heidene met seën werksaam was. In 1917 is hy aangestel as militêre kapelaan van die Unie-burgermagte op Robertshoogte, Pretoria, waar hy gearbei het tot 1927, toe hy weens swakke gesondheid afgetree het. Op 27 Februarie 1931 is hy op Greytown, Natal, verlos uit ‘n smartvolle lyding van byna vyf jaar en opgeroep tot hoër diens.