Murray, Henry William

Ds. Murray Henry

gebore

24 Apr. 1883

OORLEDE

22 Jul. 1948

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Hy is op 24 April 1883 te Oudtshoorn gebore waar sy vader predikant was. Vir sy hoër opleiding is hy na Stellenbosch waar hy sy B.A.-graad verwerf het. Na sy Kweekskool-kursusis hy in 1908 gelegitimeer. In 1910 is hy na Masjonaland waar hy met energieke toegewydheid sy lewensroeping in belang van die Sending getrou vervul het. Feitlik van die begin af was hy hoof van die opleidingskool vir evangeliste en naturelleleraar te Morgenster, ‘n lewenstaak wat hom na aan die hart gelê het en waaraan hy al sy kragte gegee het tot aan die einde. Hy het Ds. A. A. Louw in 1937 as hoof van die sendingwerk in Masjonaland opgevolg. Hy was iemand van meer as gewone talente en sy wye kennis en ryke ervaring het die Sending goed te staan gekom. Sy raad en leiding was van groot betekenis. In die menigvuldige vraagstukke op die sendingveld was hy betroubare en veilige gids. Hy is op 22 Julie 1948 Oorlede.