Murray, George Stegmann

 

gebore

18 Feb 1876

OORLEDE

31 Jul. 1953

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1904

ORDEN

1906

standplase

Masjonaland

EMERITEER

1942

Ds. George Stegmann Murray is in die ouderdom van sewe-en-sewentig jaar op 31 Julie 1953 Oorlede. Hy is in 1904 gelegitimeer en in 1906 bevestig as sendingleraar in Mashonaland. Aldaar was hy werksaam totdat hy in 1942 sy emeritaat aanvaar het. Gedurende die ses-en-dertig jaar het hy groot dienste vir ons Kerk aldaar verrig. Ook nadat hy sy emeritaat aanvaar het, het hy nog waardevolle geestelike werk verrig in verskillende gemeentes en later as hospitaal bearbeider in Kaapstad. Sy innemende Christelike persoonlikheid en sy groot liefde vir die Here het hom besonder geliefd onder ‘n wye vriendekring gemaak.