Murray, Charles

Ds Charles Murray

gebore

26 Feb. 1833

OORLEDE

31 Okt. 1904

UNIVERSITEIT

Utrecht

gelegitimeer

1858

ORDEN

1858

standplase

1858 Clanwilliam

1866 Graaff-Reinet

EMERITEER

Charles Murray: Is op den 21sten Oktober 1904, in zijn rust ingegaan. Hij werd te Graaff-Reinet geboren den 26sten Februarie 1833. Zoon van een huisgezin dat aan het werk des Heeren was toegewijd, voelde hij zich geroepen de voetstappen te volgen van zijn vader en zijn twee oudere broers. (Kerkbode).

Ds. Charles Murray (Graaff-Reinet, 26 Februarie 1833 Graaff-Reinet, 31 Oktober 1904 was die vierde van ds. Andrew Murray sr. se vyf seuns wat predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk geword het.

Hy ontvang sy opleiding in godgeleerdheid aan die Universiteit van Utrecht. In 1858 word hy in die NG gemeente Clanwilliam bevestig, van waar hy in 1866 na NG gemeente Graaff-Reinet gaan om sy vader, wat daardie jaar afgetree het, te word. Saam het hulle die gemeente 82 jaar van 1822 tot 1904 gedien. Tydens die seun se dienstyd is die huidige kerkgebou, een van die grootste en sierlikste in die land en losweg gegrond op die Salisbury-katedraal, op 10 September 1887 ingewy.

Murray was, volgens eerw. A. Dreyer, by uitnemendheid ‘n warme sendingvriend en ‘n tere kindervriend. Hy was ‘n vrugbare skrywer wie se werk meesal in kerklike tydskrifte verskyn het. Sy lieflingsarbeid was die Sondagskool en in verband met die uitgawe van “De Kinderharp” en “Halleluja” het hy onvergeetlike werk gedoen.

Ds Charles Murray en gesin