Muller, Cornelis

 

gebore

15 Mei 1884

OORLEDE

12 Febr. 1959

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1912

ORDEN

1914

standplase

 Ceres (Hpr.)

1916 Citrusdal

1923 Vandermerwe

1930 Nieuwoudtville

1932 Calvinia

EMERITEER

1950

Ds. Cornelis Muller is op 15 Mei 1884 op Riversdal gebore. Aan die einde van 1912 is hy gelegitimeer, en nadat hy ‘n jaar vir verdere studie in die buiteland was, het hy as hulpprediker in Ceres sy bediening begin. Kort daarna het hy die eerste predikant van die nuwe gemeente Citrusdal geword. Na Citrusdal het hy ook die eerste leraar van Bonnievale geword, en daarna het hy Nieuwoudtville en Calvinia bedien, laasgenoemde gemeente 18 jaar lank. Na die aanvaarding van sy emeritaat in 1950, het hy nog in 22 gemeentes hulpdiens verrig. Hy is op 12 Februarie 1959 skielik oorlede in die ouderdom van 74 jaar.