Mostert, Matthys Christiaan

 

gebore

7 Des. 1852

OORLEDE

11 Mei 1932

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1880

ORDEN

1881

standplase

Porterville

EMERITEER

1924

Ds. Matthys Christiaan Mostert is 7 Desember 1852 gebore en het sy voorbereidende studie op Stellenbosch geniet, waarna hy aan die Teologiese Kweekskool tot die evangeliebediening onder die professore Murray en Hofmeyr opgelei is. Teen die end van 1880 gelegitimeer, is hy kort daarna na die nuwe gemeente Porterville beroep en daar op 4 Maart 1881 georden en bevestig. Ds. Mostert het sy hele bediening, wat sig oor veertig jaar uitgestrek het in hierdie gemeente beoefen en met vrug en seën gearbei. Op 6 September 1920 het hy weens hoë ouderdom sy emeritaat aanvaar en op 11 Mei 1932 is hy in die Kaapstad ontslape.